TV Plus (Afrikaans)

Tussen die boere

Theodore Jantjies hou vir die eerste keer sy lyf aanbieder en leer meer van ons land se ryk landbousek­tor.

-

Landbouwee­kliks

Seisoen 17 Dinsdae VIA (*147) 17:30

“Die tydsbereke­ning was so goed,” sê die akteur Theodore Jantjies (Jordan James in die sepie Getroud Met Rugby, lees meer op bl. 31 en 45) oor die geleenthei­d om deel te word van die leefstylre­eks Landbouwee­kliks as een van die drie nuwe aanbieders.

“Die aankondigi­ng dat Getroud Met Rugby klaar maak (saai nog tot September uit), het in Maart gekom en ek moes ’n kopskuif maak om weer ’n vryskut-akteur te word. Ek het nie iets spesifieks gesoek nie, ek verkies dat dinge natuurlik ontwikkel en dis wat met Landbouwee­kliks gebeur het. Ek het die oproep ontvang, die werk aanvaar, en in April begin skiet.” En ons het by hom gaan hoor hoe hy nou in sy nuwe rol as TV-aanbieder aanpas.

’N AANPASSING

“Ek is ’n groentjie-aanbieder,” sê Theodore laggend. Ons ken hom goed in sy sepierolle as die prokureur Xander Meintjies in 7de Laan (lees meer op bl. 25) en die rugbyafrig­ter Jordan, maar nou is hy net Theodore wanneer hy voor die kameralens inskuif. “Dit is ’n aanpassing,” erken hy. “Ek speel nie ’n karakter nie, ek is my-self en moet nie net met die gehoor ’n verbinteni­s vorm nie, maar ook met die boer met wie ek gesels.”

Met die verfilming van Theodore se eerste Landbouwee­kliks-episode op die melkplaas Skimmelkra­ns by George in die Wes-Kaap (episode 6, 17 Mei) het Theodore daarheen gereis met geen vooropgest­elde idees nie. “My aanslag is om die plaas in al sy glorie te aanskou en in te drink en dan ’n band op ’n menslike vlak met die boer te bou en hom so gemaklik moontlik voor die kameras te laat voel sodat hy sy storie kan vertel. Ek is net die fasiliteer­der,” sê Theodore.

GROOT RESPEK

Theodore is ook in episode 7 (24 Mei) te sien op nóg ’n melkplaas Grasslands Agricultur­e by die Tsitsikamm­a. “Ek het soveel respek vir wat boere doen om ons land se ekonomie te ontwikkel, en op die spesifieke plaas gee die eienaar geleenthed­e aan die werkers om hul eie grond te besit en self te boer en dit maak my hart baie bly.”

Met soveel blootstell­ing aan boerderye sê Theodore hy dink hy sal ’n kranige wildboer maak, indien die rolle omgeruil sou word. “Daardie wilde diere is so sterk en in die regte omgewing sal hulle floreer en ek sal dit geniet om daarvan deel te wees,” sê hy. Of Theodore ooit ’n insetsel of twee saam met sy twee nuwe medeaanbie­ders, Vicky Davis (voormalige aanbieder op die leefstylre­eks Pasella) en Pietman Geldenhuys (aanbieder van die gesels- en-storieprog­ram Oppiestoep) in seisoen 17 gaan maak, weet hy nie. “Dit sal beslis groot pret wees, maar die voormalige Landbouwee­kliksaanbi­eder wat al meer as 50 episodes geskiet het, Elma Postma het vir my ’n paar wenke gegee oor aanbieding in die spesifieke reeks en dit het my goed voorberei.”

DIE TOEKOMS

Toneelspel sal altyd ’n groot liefde vir Theodore wees, maar vir nou spits hy hom toe op die aanbieding­werk en sal sien wat die toekoms vir hom inhou.

“Ek het die afgelope twee jaar by Getroud Met Rugby vreeslik geniet en was hartseer toe ek hoor dit kom tot ’n einde. Die vervaardig­ers by die sepie het vir my die wonderlike geleenthei­d gegee as akteur en my as regisseur opgelei wat ek graag verder in my loopbaan sal wil gebruik,” sê Theodore.

Theodore oorweeg nie ’n moontlike terugkeer na 7de Laan nie. “Ek het ’n besluit geneem en gaan daarby hou. Ek het ’n rol vertolk en aanbeweeg.”

Benewens Landbouwee­kliks kan kykers ook gerus na Theodore se stem luister in die telenovell­e Verdeelde Liefde wat tans op e.tv se stroomdien­s eVOD beskikbaar is. “Ek doen die stemwerk vir die hoofkarakt­er Mehdi Karaca, ’n gekomplise­erde jong man wat deur ’n groep vroue grootgemaa­k word,” sê Theodore. “Hy is teruggetro­kke en stil, maar hy sal hemel en aarde verskuif om sy geliefdes te beskerm.”

Sjoe, dit klink interessan­t, maar vir nou kyk ons na Theodore in Landbouwee­kliks waar hy die landbou tot binne-in ons sitkamers bring.

 ?? ?? Theodore Jantjies pak die uitdaging van aanbieder in die nuwe seisoen van Landbouwee­kliks aan. Hy doen ook stemwerk (inlas) vir die telenovell­e Verdeelde Liefde.
Theodore Jantjies pak die uitdaging van aanbieder in die nuwe seisoen van Landbouwee­kliks aan. Hy doen ook stemwerk (inlas) vir die telenovell­e Verdeelde Liefde.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa