TV Plus (Afrikaans)

Man van vele talente

Kaz is beslis meer gedrewe en ambisieus as Poenie.

-

Poena

Seisoen 1 Maandae kykNET (*144) 20:00

Die akteur Kaz McFadden, wat die onnutsige Poenie in die komedieree­ks Poena vertolk, sê Poenie aard nogal baie na sy neef Poena (Robbie Wessels) maar hy het minder ambisie en dryfkrag as Poena. “Poenie is eintlik ’n tipiese jong man. Hy wil so min moontlik doen vir soveel moontlik geld,” sê Kaz. Die twee vabonde, wat by hul oupa Poen (At Botha), wat tydelik in Paternoste­r woon, se loodgieter­sbesigheid werk, het baie streke en hulle kom nogal goed oor die weg. “Behalwe wanneer hulle om hul oupa Poen se aandag meeding of na dieselfde meisie vry,” voeg Kaz by.

KOSTELIKE KOMEDIE

Dit voel amper soos vakansie wanneer Kaz op die stel is. “Dit is soveel pret om saam met Robbie en die ander akteurs te werk. Wanneer ons verfilm, voel dit hoegenaamd nie soos werk nie,” sê hy. “Daar heers ’n gemoedelik­e atmosfeer voor en agter die kameras.” Eintlik het hy verlede jaar al ’n goeie proeflopie van sy karakter Poenie gehad, want hy het dieselfde karakter gespeel in die rolprent Poena En Poenie, wat in Desember op kykNET uitgesaai is. “Dit was dus vir my ’n groot bonus toe ek hoor daar kom ’n hele reeks oor Poena,” sê hy.

UITEENLOPE­NDE ROLLE

Toe Kaz in 2006 ’n tweedejaar-dramastude­nt by PALI (Performing Arts Lifestyle Institute) was, het hy sy tande in die bedryf begin slyp met ’n klein rolletjie, Bennie, in die sepie Binnelande­rs (lees meer op ble. 28 en 29). “Eintlik was my heel eerste rol Hans, die ruspe in ’n kinderprod­uksie,” vertel hy laggend.

Nadat hy sy studie voltooi het, het hy by die destydse sepie Villa Rosa ingeval vir die meer permanente rol van Carlo Martinelli. Verskeie rolprente en TVreekse soos Die Uwe Pottie Potgieter (hy was Sebastiaan) en Pandjieswi­nkelstorie­s (waarin hy Donovan gespeel het) het gevolg. Maar een karakter waarvoor ons hom die beste onthou, is seker Alexander, Nenna (wyle Shaleen Surtie Richards) se kleinseun in Egoli wat hy van 2009 tot 2010 vertolk het.

Kaz lyk jonger as sy 37 jaar en speel daarom dikwels rolle van karakters wat nog nat agter die ore is. “Dit bevoordeel my seker omdat ek meer lewenserva­ring as van die jonger akteurs het, maar daar sal seker een of ander tyd ’n afsnypunt kom en dan sal ek dalk van ’n jonger laaitie na ’n ou toppie spring,” skerts hy.

VERSKEIE HOEDE

Kaz en die aktrise Lara Lourens, wat ons in 2019 as die deurmekaar blondine Koekie de Kok in die kykNET-komedieree­ks Huis Lelieveld leer ken het, is al 9 jaar ’n paartjie en ook sakevennot­e. “Ek en Lara het in 2017 saam met die akteur

Zack Mtombeni (Brutus in 2017 in die romkomflie­k Vaselinetj­ie) die produksieh­uis The Third Law, wat rolprente vervaardig, gestig,” vertel hy – en hulle is tans besig met ses nuwe storiefilm­s vir kykNET. “Ons verrig maar verskillen­de take. Soms behartig ek die regie en soms tree ek as vervaardig­er op. Lara is die hoof van The Third Law en is die vervaardig­er van sommige flieks en ander kere weer die regisseur.” Kaz is onder meer die regisseur van die rolprent Ovasie, wat handel oor drie ouer akteurs wat terugkeer na die verhoog, en dié fliek word waarskynli­k in Junie op kykNET uitgesaai.

Kaz is ook binnekort te sien in die rolprent Boetie Ontmoet ’n Alien waar André Velts weer die leisels as regisseur en vervaardig­er hou. “Dan verflim ons oor ’n maand die rolprent Man Se Plek, en Lara gaan dan die regie doen.”

Kaz het ook al naam gemaak as skrywer van rolprente soos Fladder (2020).

Hy en André bestuur sedert 2018 die dramaskool PALI Incubation. “Ons het omtrent tien dramastude­nte per jaar en die kursus duur drie jaar wat praktiese onderrig en stelbesoek­e insluit.” Kaz gee saam met André, Lara en ’n paar ander akteurs klas.

Hy klink omtrent soos ’n verkleurma­nnetjie, maar Kaz sê dis heerlik om verskillen­de rolle te vertolk en van die kamera tot in die klaskamer te kan skuif. “Nóg ’n bonus is dat ek saam met Lara kan werk, ons maak ’n goeie span. Ons droom ook oor talle nuwe rolprente en projekte wat ons nog wil aanpak.”

 ?? ?? Kaz McFadden vertolk die rol van Poenie in die nuwe komedieree­ks Poena. Kaz (links) en sy meisie, die aktrise Lara Lourens, is vennote en pak verskeie projekte saam aan.
Kaz McFadden vertolk die rol van Poenie in die nuwe komedieree­ks Poena. Kaz (links) en sy meisie, die aktrise Lara Lourens, is vennote en pak verskeie projekte saam aan.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa