TV Plus (Afrikaans)

’n Groot avontuur

Aggie neem ’n yslike sprong in entreprene­urskap.

-

Nadat sy vir langer as ’n dekade by die geleenthei­dskoördine­ringsmaats­kappy Bruynwaves gewerk het, sê Aggie (Nobuhle Mahlasela) totsiens en neem ’n groot sprong in entreprene­urskap. Sy het tee gemaak by die koerant The Hillside Times en het daarna as ’n senior joernalis gewerk, toe gaan sy na Bruynwaves as ’n kreatiewe direkteur. “Maar dis nou haar tyd vir die kalklig,” sê Nobuhle. “Aggie is reeds jare lank in die geleenthei­dsbedryf. Nou beplan sy om haar eie geleenthei­dskoördine­ringsmaats­kappy te stig, want sy ken die bedryf en is gemaklik daarmee. Dit was nog altyd haar geheime droom. Sy is geïnspiree­rd en gemotiveer­d om daardie droom te volg,” sê Nobuhle. Maar dit gaan ten koste van iets gebeur . . .

TOTSIENS, BRUYNWAVES

Aggie het bande gevorm en het nie net belê in die groei van die maatskappy nie, maar ook in die lewe van die mense saam met wie sy by Bruynwaves gewerk het. “Dis nie maklik om weg te gaan nie. Maar sy sien uit daarna om haar eie besigheid te begin, ’n naam vir haarself te maak en ’n nalatenska­p te skep waarop sy trots sal wees,” sê Nobuhle.

“Aggie voel terselfder­tyd bly en hartseer. Dis soos om een van haar beste dele agter te laat, ’n plek wat haar afgerig het om die vrou vol vertroue te wees wat sy nou is. Maar nou is dit tyd om aan te beweeg,” beklemtoon Nobuhle.

VERRAAD EN KONFLIK

Dis veral moeilik vir Aggie, want sy laat haar mentor en bestie, Vanessa (Ingrid Paulus Vraagom), agter. “Aggie se bedanking veroorsaak ’n kraak in hul verhouding. Hulle voel lojaal teenoor mekaar, maar nou kom dit tot ’n einde. En omdat Aggie se nuwe maatskappy regstreeks­e mededingin­g vir Bruynwaves gaan wees, is dit nie maklik om aan te beweeg nie,” verduideli­k Nobuhle.

Om sake te vererger, is Aggie nie die een wat Vanessa vertel sy gaan weg nie. “Vanessa het ’n riemtelegr­am gehoor en sy voel nie lekker omdat Aggie haar nie eerste in haar vertroue geneem het nie,” sê Nobuhle.

Tjattas (Rickus Strauss) het aan Vanessa genoem Aggie beplan ’n feesgeleen­theid,” sê Ingrid. Vanessa, wat niks van ’n feesvierin­g op die Bruynwaves-kalendar weet nie, het haar kollega gekonfront­eer en toe word dit duidelik. “Op dié punt voel Vanessa beslis verraai,” sê Ingrid.

OORGEHAAL VIR NUWE DINGE

Ondanks die konflik gaan Aggie niks en niemand toelaat om in die pad van haar drome te staan nie. Sy is oorgehaal om in haarself te delf en haar volle potensiaal te bereik,” sê Nobuhle. “Vriendskap­pe in Hillside het al erger uitdagings oorkom, dis dus ’n klein struikelbl­ok dié, hoop ek,” voeg die aktrise by.

 ?? ?? Aggie (regs) gaan koppe stamp met haar baas-bestie Vanessa (links) om haar drome te verwesenli­k.
Aggie (regs) gaan koppe stamp met haar baas-bestie Vanessa (links) om haar drome te verwesenli­k.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa