TV Plus (Afrikaans)

Tot siens, Oos-Wes

Justin haal sy kelner-voorskoot af en sprei sy vlerke.

-

Ai tog! Die arme Oos-Wes-restaurant se personeel gaan omtrent gebuk onder drama. Eers is die bestuurder Bianca (Simone Biscombe) onlangs ontvoer, en nou bedank die kelner Justin (Eden Classens) – vir die soveelste keer! – wat die mede-eienaar en sjef Kaashifa (Jawaahier Petersen) in ’n moeilike posisie plaas.

Justin is oortuig daar is iets anders vir hom daarbuite, maar hy gaan gou agterkom Oos-Wes is dalk nie so ’n slegte werkplek om lewenskost­e te kan dek nie.

GESMELTE ROOMYS

Eers lyk Justin se vooruitsig­te by OosWes rooskleuri­g wanneer hy as assistent-bestuurder aangestel word, maar dan begaan hy ’n fout. “Hy loop die aflewering van roomys mis en wanneer hy by Oos-Wes opdaag, staan die roomysbakk­e voor die geslote deure waar die verskaffer­s dit gelos het en dit het gesmelt,” sê Eden.

Hy gaan koop skelm ander roomys wat bedien word. “Justin is oortuig hy gaan nie uitgevang word nie, maar wanneer die klante begin kla die roomys smaak nie dieselfde nie en is van ’n swak gehalte, ruik Kaashifa lont en Justin moet bieg.”

Kaashifa vat summier Justin se pligte as assistent-bestuurder weg en maak hom weer net ’n kelner. Net daar besluit Justin om eerder te bedank.

GOUER AS LATER

Met die wêreld oop voor hom, is Justin gereed om sy vlerke te sprei en ’n werk te kry waarvan hy hou. “Maar hy besef gou ’n werk gaan nie sommer in sy skoot val nie en dis sy meisie, Susan (Natasha van der Merwe), wat hom later uit die bed skop en mooi laat verstaan die tyd stap aan en hy moet baie vinnig ’n werk kry,” sê Eden.

’n Geleenthei­d kom oor Justin se pad om ’n klankmenge­r by ’n musiekvert­oning te wees, maar omdat dit sy eerste keer by die spesifieke groep is, gaan hy nie daarvoor betaal word nie.

“Justin is positief oor die werk en is oortuig hy sal later betaling begin kry wanneer die besigheid groei, maar nie lank daarna nie besef Justin die mense misbruik hom net en gaan hom nooit betaal nie.”

Sy vriende stel voor hy gaan stert tussen die bene terug na Kaashifa en Oos-Wes, maar Justin wil niks daarvan weet nie. Justin besluit om verder daarop te fokus om ’n platejoggi­e te word en die jeug by die kerk met sy musiek te vermaak. “Maar of dit gaan uitwerk, sal ons moet wag en sien,” sê Eden.

 ?? ?? Kaashifa (inlas) raas met Justin wanneer sy uitvind wat hy met die roomys aangevang het.
Kaashifa (inlas) raas met Justin wanneer sy uitvind wat hy met die roomys aangevang het.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa