TV Plus (Afrikaans)

Gedoem voor dit begin MEER OP SY VOETE

Karen is in twee geskeur wanneer sy uitvind Liam is aan pynpille verslaaf.

-

Net wanneer dit lyk asof dinge uiteindeli­k tussen verpleegst­er Karen (Luandri Reynders) en dokter Liam (David Viviers) gaan uitwerk, is daar nóg iets wat in hul pad staan – en dis nie iets gerings nie. Liam is verslaaf aan pynpille en Karen weet nie wat om daaromtren­t te doen nie. “Sy weet hy is besig om homself groot skade aan te doen,” sê Luandri. “Maar as die waarheid moet uitkom, kan dit sy loopbaan as dokter in die weegskaal plaas en sy kan nie toelaat dat dit met hom gebeur nie.” Tog kan Karen dinge nie net so los nie – en dit kan beteken haar en Liam se verhouding is verby nog voor dit ooit werklik begin het.

Karen is moedeloos ná haar argument met Liam oor sy pynpilmisb­ruik. “Liam gebruik die pille om te cope met die pyn wat hy ervaar nadat sy been verlede jaar geamputeer is weens ’n bergklim-ongeluk, en die operasie wat hy daarna gehad om ’n permanente ledemaat te laat inplanteer,” verduideli­k Luandri.

Liam neem tans deel aan die internskap­program by die Binneland-kliniek se nuwe ongevalle-eenheid en hy is veel meer op sy voete as voorheen, wat druk plaas op sy prostese en meer pyn veroorsaak. “Liam weet hy speel met vuur, maar hy kan nie nou fokus verloor nie,” sê David. “Hy soek die werk by Binneland wat aan die einde van die internskap­program aan die belowendst­e kandidaat gegee word en niemand gaan in sy pad staan nie.”

IGNOREER DIE PROBLEME

Dis Karen se hartsbegee­rte om gelukkig saam met Liam te wees en wanneer hy haar liefkoos, besluit sy om vir eers Liam se probleme met verslawing te ignoreer en die goeie tye tussen hulle te geniet. Maar dis van korte duur, want nie lank daarna nie kry dr. Zee (Mila Guy) snuf in die neus wanneer sy op ’n pilhouer met sterk pynpille van Liam afkom. “Zee vra Karen uit oor die pille en Karen lieg soos ’n tandetrekk­er en sê sy weet van die pille en watter dokter dit vir Liam voorgeskry­f het,” sê Karen.

“Sy voel aaklig oor haar leuen en nader Zee en die res van haar en Liam se vriende later om ’n ingrypings­essie vir Liam te reël.” Liam is onkant gevang wanneer hy by Karen se woonstel opdaag en almal sien wat daar sit. “Hy is in totale ontkenning en baie kwaad en weier om enige hulp te aanvaar,” sê David. Die dag daarna kry Karen Liam nie in die hande nie. Dit kan beteken Liam het haar afgeskryf, of sy pilverslaw­ing het dalk te ver gegaan . . .

 ?? ?? Liam wil nie erken hy het ’n probleem nie en Karen (inlas) ly daaronder.
Liam wil nie erken hy het ’n probleem nie en Karen (inlas) ly daaronder.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa