TV Plus (Afrikaans)

Op die herstelpad

Anton ontwikkel gevoelens vir Ruby, maar sy hart hunker steeds na Monique.

-

Die Hoërskool Arendsvlei se opsigter Hein (Merlin Balie) het ’n groot hart en sedert hy en sy geliefde Yvette (Charlene le Roux) in April hul huis en hart vir Ruby (Boudine Ballem) oopgemaak het, gaan dit baie beter met haar en is sy op die herstelpad. Ruby is haar hele lewe lank deur haar ma, Denise (Chantal Herman), siek gemaak omdat haar ma aan die geestesiek­te Münchhause­n-sindroom ly. Of Ruby ooit weer haar ma wat tans in die tjoekie is, gaan sien, weet niemand nie, maar dit lyk nie asof dit haar tans veel pla nie – nie met liefde wat op die horison wink nie . . .

GEVOELENS ONTWIKKEL

Hein se seun, Anton (Dean Richard Olivier), is bly om Ruby in hul huis en gesin te verwelkom, en mettertyd begin hy Ruby in sy vertroue neem oor die groot liefde in sy lewe, Monique (Robyn Rossouw), wat in 2020 vermoor is. “Ruby se hart gaan uit na Anton, maar sy moedig hom aan om die bitterheid en seer oor Monique se dood laat vaar, anders gaan hy nooit met sy lewe kan aanbeweeg nie,” sê Boudine.

Ruby se woorde tref Anton diep en hy begin met nuwe oë na haar kyk. Hy erken aan sy aangenome suster, Candice (Nancia Dorland), hy ontwikkel gevoelens vir Ruby. “Candice raai Anton aan om dinge stadig te vat en mooi te dink oor hoe hy voel voordat hy iets vir Ruby sê,” vertel Dean.

DANSPASSIE­S

Intussen spits Ruby haar toe op danslesse by die skool se dansgroep. “Ná soveel jare kan sy weer loop omdat sy nie meer al daai aaklige ‘medisyne’ van haar ma drink nie,” sê Boudine. “Aanvanklik gaan dinge goed in haar danslesse saam met haar vriend Avukile (Aviwe Ngabom), maar haar liggaam is nog nie sterk genoeg nie en sy stort ineen.” Anton skrik groot wanneer hy dit hoor. “Hy is baie bekommerd, veral omdat hy nou iets vir haar voel,” sê Dean.

’n Paar dae later probeer Ruby weer dans, maar sy soek nie enige spesiale hulp nie. “Sy voel skaam oor haar liggaam wat ingegee het, en Anton bied aan om haar te help,” sê Ruby. “Anton sê hy sal haar met ekstra lesse help en dis hoe hulle gereeld tyd saam deurbring,” sê Dean. “Dit herinner hom aan sy tyd saam met Monique (wat ’n danser was), dus moet Anton ook baie emosies verwerk.” Met al die ou emosies wat dit vir Anton oopkrap, is dit dalk nie nou die tyd om ’n verhouding met Ruby te begin nie. “Kykers sal moet wag en sien,” sê Boudine kripties.

 ?? ?? Anton (inlas) sien iets van Monique in Ruby (regs).
Anton (inlas) sien iets van Monique in Ruby (regs).
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa