TV Plus (Afrikaans)

Onherstelb­are breuk

Bibi en Jordan se paadjies skei.

-

Bibi (Stephanie Peterson) was stukkend en uiters geskok toe haar man, Jordan (Theodore Jantjies), mede-afrigter van die Stryders, haar onlangs vertel hy het Amanda (Natasja Jacobs) gesoen terwyl hy Amanda met rehabilita­sie gehelp het.

Maar dit was nie net Bibi wat die josie in was nie. Amanda was self ontstoke oor die gewraakte soen, want sy het geweet dit gaan haar vriendin Bibi verpletter. Sy het Jordan ná die voorval gekonfront­eer, want “Amanda het geweet sy gaan nou weer die vark in die verhaal wees en eintlik was sy die onskuldige een,” vertel Natasja, wie se karakter nie die soen uitgelok het nie. “Dit was onregverdi­g en sy het vir ’n veranderin­g baie magteloos gevoel.”

LEK WONDE

Bibi was te seergemaak om ná Jordan se ontboesemi­ng, wat intussen in ’n gastehuis gaan bly het, met hom te praat. Al het Amanda self hard probeer om haar kant van die saak aan Bibi te stel en die hele storie te beredder, was daar net geen salf te smeer aan Bibi se wonde nie. “Sy wil nie in sulke situasies wees nie. Dis hoekom sy so lief was vir Jordan, want hy kom ook uit ’n huwelik van seerkry en sy het hom ten volle vertrou,” sê Theodore, wat erken sy karakter het in ’n oomblik van swakheid geswig, maar hy twyfel of dit ooit verder as ’n soen sou gaan.

Jordan het self baie berou, en wanneer Bibi vir hom sê hy kan maar terug trek huis toe, brand daar weer nuwe hoop en lig in sy gemoed. “Jordan weet hy is eintlik afhanklik van Bibi en sy is die liefde van sy lewe. En wanneer sy bereid is om hom terug te vat, beteken dit baie vir hom,” voeg hy by.

Maar dit beteken nie Bibi gaan die strydbyl begrawe nie, en sy vertel Jordan sy sal hom nooit weer kan vertrou nie. “Jordan verstaan Bibi se standpunt omdat hy haar vertroue geskend het. Hy besef ook hy sal nooit weer so ’n huweliksma­at soos Bibi kry nie.”

KRUISPAD

Bibi is in twee geskeur en sy kan glad nie besluit of sy Jordan regtig wil terughê nie. “Sy vertel eers vir Jordan sy sal hom weer ’n kans gee, maar haar moed begin haar begewe en sy kry second thoughts,” sê Stephanie.

En dan gee Bibi Jordan die slegte nuus: Sy wil skei. “Jordan besef hy het dit verdien en hy was die onverantwo­ordelike een.” Dit lyk nou na die einde van die eens gelukkige paartjie se huwelikspa­d, maar ons hou duimvas Bibi gaan van plan verander.

 ?? ?? Bibi (regs) kan Jordan nie vergewe nadat hy Amanda (inlas) gesoen het nie.
Bibi (regs) kan Jordan nie vergewe nadat hy Amanda (inlas) gesoen het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa