TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

-

Weekdae kykNET (*144) 19:30 Sepie

Die akteurs Ilse Klink en Zane Meas stap al ’n lang pad saam in die vermaakbed­ryf. Tot dusver het hulle al twee keer ’n paartjie op die skerm gespeel: In die sepie Isidingo as Vanessa en Jack, en in die dramareeks Fynskrif as die getroudes Evelyn en Clyde. Tans speel hulle weer saam op die kassie in die gewilde Afrikaanse sepie Binnelande­rs as die sielkundig­e Marissa en dr. Brandon en dit lyk asof vonke tussen dié twee kan spat!

“Ek is dol daaroor om teenoor Zane te speel,” sê Ilse. “Ons ken mekaar al vir 20 jaar en dis altyd ’n fees wanneer ons saam aan ’n projek werk.”

Marissa het in Januarie haar verskyning gemaak toe sy met haar vervreemde seun dr. Steve (Clint Brink) versoen wou raak. “Dit was nie maklik nie, maar sy en Steve kan nou weer aan hul verhouding bou. Steve sukkel om sy hart vir Marissa oop te maak, maar sy is vol hoop,” sê Ilse.

Marissa kuier tans by Steve en haar pad kruis mettertyd met Brandon. “Sy krap Brandon aanvanklik om omdat sy hom daarop wys hy kan nie vir sy volwasse dogter, Chanel (Lindsey Cele), wat aan haar neus wil laat opereer, voorskryf wat sy met haar lewe moet doen nie,” sê Ilse. Dit steek Brandon dwars in die krop en hy verstaan nie waarom sy haar neus in sy sake druk nie. Maar hy kerm gedurig in Steve se ore daaroor – veral wanneer Marissa by hom is.

Hulle loop mekaar al hoe meer raak en dit lyk asof Brandon nuut na haar begin kyk. “Hy trek tot toutjies om Marissa te help om ’n kursus oorsee by te woon wat haar vaardighei­d as sielkundig­e sal opskerp,” verklap Ilse. Maar of Marissa ook iets voel, weet Ilse nog nie so mooi nie. • Lees meer op ble. 28 en 29.

 ?? ?? Seisoen 2 SABC3 (*193) 18:30 Komedie Toe ons laas gekyk het: Brandon is besig om gevoelens vir Marissa (inlas) te ontwikkel.
Seisoen 2 SABC3 (*193) 18:30 Komedie Toe ons laas gekyk het: Brandon is besig om gevoelens vir Marissa (inlas) te ontwikkel.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa