TV Plus (Afrikaans)

Getroud Met Rugby

Weekdae kykNET (*144) 18:00 Sepie

-

Die pompon Anastasia Denton (Jenine Grobler) was heeltemal onkant gevang toe sy uitvind sy is swanger en Ryno (Adrian Steyn)is die pa van haar kind. “Sy was baie geskok omdat sy gevoel het sy en Ryno is nie regtig in ’n hegte verhouding nie,” sê Jenine.

“Eers begewe haar moed haar wanneer sy Ryno wil vertel, omdat sy bang is hy sal hul vriendskap afskryf en omdat dit sy beeld as Stryder-kaptein kan skaad. Sy is ook bang sy gaan ’n enkelma moet wees en dit is ’n groot verantwoor­delikheid,” voeg sy by.

Sy vertel uiteindeli­k vandag vir Ryno hy gaan pa word, en hy is uitgeboul. “Anastasia vertel ook vir die Stryders se skakelbeam­pte Kristien (Marlee van der Merwe), want sy is bang die hele storie lek uit in die media en versprei soos ’n veldbrand.

“Sy hoop Kristien gaan vir haar goeie raad gee oor wat sy moet doen en hoe dit haar loopbaan in die toekoms as ’n pompon gaan beïnvloed,” vertel Jenine.

Anastasia besef sy en Ryno sal ook dringend oor die toekoms moet praat. “Hy is gelukkig inskiklik en sê hulle moet die kind saam grootmaak, al is hulle nie regtig romanties betrokke nie. Sy is baie verlig, want hy sê dan sy moet by hom intrek en dit gee haar baie meer stabiliite­it,” voeg sy by.

Dis nie lank voor die ander pompons uitvind sy is swanger nie en Ryno besluit dis ook tyd om self die nuus vir sy spanmaats te vertel. “Die bemarkings­pan is ongelukkig omdat die pompons en die Stryders nou daarvan weet, maar besef ook dis gedane sake,” sê Jenine.

Ryno vaar dalk goed op die rugbyveld, maar ons sal moet sien hoe vaar hy met vaderskap. • Lees op bl. 31.

 ?? ?? Ryno (regs) en Anastasia moet die skok van haar swangerska­p verwerk.
Ryno (regs) en Anastasia moet die skok van haar swangerska­p verwerk.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa