TV Plus (Afrikaans)

Private Eyes

-

Seisoen 3 Universal TV (*117) 20:00 & 20:50 Drama

Die prettige aksiedrama­reeks Private Eyes is gegrond op die gelyknamig­e boeke deur die skrywer G.B. Joyce, maar die hoofsterre Cindy Sampson (as privaat speurder Angie Everett) en Jason Priestley (as die hokkiester-speurder) Matt het sekere skeppende vryhede. “Ons kon dinge saam met die skrywers verander,” sê Cindy. “Ons ken ons karakters, ons verstaan hoe hulle dink en wat hulle in sekere situasies sal doen. En dis lekker om hulle in posisies te kry waar hulle onseker van hulleself is . . .”

Dinge het maar sleg gelyk aan die einde van seisoen 2 met Angie agter tralies nadat sy mislei is om ’n hardeskyf vol sensitiewe staatsinli­gting te steel. “Dis Matt en hul assistent, Zoe (Sam Wan, Sera in die drama-reeks Leslievill­e) se taak om Angie se onskuld te bewys,” verduideli­k Cindy. Maar die tronk is ook waar die speurspan ’n raaiselag-tige nuwe saak kry – Angie ontmoet Loretta (Jann Arden, Jane in die komedie-reeks Workin’ Moms), ’n oordondere­nde gevangene wat sy later help om regsvertee­n-woordiging te kry. “Angie help om Loretta en haar dogter te soek. Sy wil aan Loretta bewys daar is goeie mense wat haar wil help,” sê Cindy. “Angie sukkel in die tronk, maar sy sien dit as ’n leerkurwe – as ’n beroepspeu­rder ken sy net die een kant van die munt. Dis nie altyd maklik om te verstaan hoekom misdadiger­s doen wat hulle doen nie,” vertel die aktrise.

Die seisoen is in 2018 geskiet en Cindy sê: “Ons was in ons derde seisoen saam, dus het ons mekaar goed geken. Dit was maklik om herskrywin­gs op die nippertjie te doen en tonele aan te pas, want daar was geen Covid-19-beperkings op die stel nie. Baie makliker!”

 ?? ?? Matt (links) en Angie (regs) het hul hande vol met al die nuwe sake.
Matt (links) en Angie (regs) het hul hande vol met al die nuwe sake.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa