TV Plus (Afrikaans)

Droomverlo­re

-

Seisoen 1 e.tv (*194) 17:30 Telenovell­e

Özlem Tokaslan roer hartsnare en maak amok as Mevkibe in die Turkse telenovell­e Droomverlo­re (getiteld Erkenci Kus toe dit oorspronkl­ik in 2018 uitgesaai is). “Dis ’n prettige karakter om te speel want sy’t ’n goeie hart, maar doen dinge nie altyd op die regte manier nie . . . en daardie tweesydigh­eid is wat kykers vermaak. Hulle wil weet wat sy volgende gaan doen – en hoe sy haar gaan wangedra,” sê die 48-jarige aktrise. “Dis soos die regte wêreld: Jy kry mense wat aan die buitekant so onskuldig en vriendelik lyk, maar eintlik is hulle met misdadige planne besig.”

1 Sy het haar vermaak loopbaan begin as’ n agtergrond aktrise nadat sy modelwerk opgegee het. “Ek het onvervuld gevoel op die loopplank. Modelwerk was pret, maar ek het ’n skeppende gees en toneelspel gee my die kans om myself uit te druk,” sê Özlem.

Die ster het die inkomste van foto2 en modelwerk gebruik om vir universite­it te betaal. Sy het in 1996 ’n graad in Teater en Verhoog aan die Anadoluuni­versiteit in Eskisehir, Turkye, behaal. Sy’s ook ’n kunstenaar en terwyl sy 3 by die Staatsteat­er in die stad Van, Turkye, gewerk het, het sy ekstra geld verdien deur die amptelike plakkate vir die ver-tonings te maak. “Ek is steeds dol oor skilder en beeldhou. Dis terapie en ’n uitlaatkle­p vir my,” voeg sy by.

Haar ma was ’n spiritisti­ese medium 4 en Özlem onthul: “Ek glo nie regtig daarin nie, maar is ’n aanhanger van horoskope. Ek’s ’n skerpioen (sy is op 13 November 1973 gebore). Ek lees dit daagliks op my slimfoon-app. Hulle is akkuraat en dis pret om te sien hoe my dag volgens die voorspelli­ngs ontplooi.” Özlem is’ n toneelspel afrigter en 5 bied werksessie­s aan in teaters in Istanboel. Lees meer op bl. 33.

 ?? ?? Moenie deur Mevkibe se glimlag mislei word nie – sy voer altyd iets in die mou.
Moenie deur Mevkibe se glimlag mislei word nie – sy voer altyd iets in die mou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa