TV Plus (Afrikaans)

Leverage: Redemption

-

Seisoen 1 Universal TV (*117) 20:00 Aksie

“Hy’s ’n man van aksie!” sê Christian Kane oor sy karakter Eliot Spencer in die aksierilre­eks Leverage: Redemption. “Hy’s deel van ’n span wat van die rykes steel om die armes te voed. Eliot is die ou wat die bom los tydens hul swendelary. Hy’s die een wat seker maak sy spanmaats kom niks oor nie,” sê die 49-jarige akteur. “Dit was lekker om terug te kom vir hierdie splinterre­eks. Ons het baie pret gehad met die oorspronkl­ike Leverage in 2008, dit was vir die hele groep akteurs en vervaardig­ers heerlik om dit te doen. Dit was soos om gemaklike pantoffels aan te glip.” Maar Christian het amper nie die rol aanvaar nie.

“Ek het dadelik ’n weersin in Eliot 1 gekry toe ek die draaiboek in 2006 gelees het. Hy was nie koel nie. Ek het eintlik die teks weggegooi,” vertel Christian. “Maar toe ek hoor die uitvoerend­e vervaardig­er Dean Devlin (die sci-fi-fliek Independen­ce Day) wil my vir die rol hê, het ek die teks gou gaan uitgrawe.”

Eliot sou aanvanklik ’n draadraam2 bril dra, tee drink en dit geniet om mense te skiet. “Ek was nie dol oor die tee-deel nie. Ek drink koffie. Maar ons (Christian en Dean) het ’n kompromie bereik – Eliot is steeds hard,” sê die ster. Christian is in sy vrye tyd ’n musi3 kant en speel nie net kitaar nie, hy is ook die leier van sy country-rockgroep Kane. Hulle het nog nie enige oorspronkl­ike musiek uitgereik nie.

David Boreanaz (Jason 4 in die aksiereeks SEAL Team) is sy akteursbes­tie. Hulle het saam gewerk aan die fantasiere­eks Angel (Christian as Lindsey, David as Angel) in die 1990’s, en Christian sê: “Ons het elke week gebraai. Ons is soos broers!” Lees

 ?? ?? Christian Kane is dol oor sy karakter Eliot.
Christian Kane is dol oor sy karakter Eliot.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa