TV Plus (Afrikaans)

Myne Vir Joune

-

Seisoen 3 VIA (*147) 20:00 Realiteit

Jy moet hare op jou tande hê as jy aan Myne Vir Joune wil deelneem, want dié reeks haal jou uit jou gemaksone en laat jou met nuwe oë na jou eie vooropgest­elde idees kyk. In sommige gevalle is dit bevrydend, maar ander kere bevestig die kuiers – waar gesinslede van verskillen­de agtergrond­e plekke met mekaar ruil – die deelnemers juis dat hul oortuiging­s die regte ding vir hul gesin is. En natuurlik sorg dit vir groot kykvermaak.

“Dis die beste seisoen tot dusver omdat ons gesinne van regoor die land met mekaar kon ruilkuier te danke aan ons borg die lugredery FlySafair,” sê die vervaardig­er van die reeks Amor Engelbrech­t. “Gesinne met uiteenlope­nde politieke sienings, agtergrond­e, sosiale status en geloofstel­sels het met mekaar uitgeruil om te sien of hulle mekaar kan leer verstaan en aanvaar. Soms werk dit uit, soms nie. Dink aan mense wat teen of vir die Covid-19-inentings is (episode 1, 11 Mei); polities aktief teenoor polities apaties (episode 2, 18 Mei); netheid teenoor onnetheid (episode 3, 25 Mei); platteland­ers teenoor stedelinge; vegans en jagters; en selfs ook hekse en Christene.”

In die vorige seisoene was daar al wonderlike stories waar die ruilkuiers ’n daadwerlik­e impak op die gesinne gehad het en diep bande en groot vriendskap­pe tussen die twee gesinne gevorm is. Amor sê die terugvoeri­ng wat hulle in die algemeen van die deelnemers en die kykers kry, is dat dit kennis en aanvaardin­g bring. “Baie mense is bang vir die onbekende. Die blootstell­ing aan ander kulture, gelowe en rasse wys dis eintlik alles net ’n dun lagie, en daaronder is ons almal net gewone mense.” Ons kan nie wag om te sien watter openbaring­s seisoen 3 van Myne Vir Joune gaan bring nie.

 ?? ?? Die Sampson-gesin in episode 1 is van links, Crizaan, Mieke, Jordan en pa Michael.
Die Sampson-gesin in episode 1 is van links, Crizaan, Mieke, Jordan en pa Michael.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa