TV Plus (Afrikaans)

Die Bruid-boetiek

-

Seisoen 3 VIA (*147) 17:30 Leefstyl

Elke bruid het gewoonlik ’n prentjie in haar kop hoe haar trourok moet lyk. Maar dit is nie altyd so maklik om daardie droomrok te kry nie. Die kreatiewe top-ontwerper Diaan Daniels sit weer hand by en gee voornemend­e bruide nuttige raad en wenke in die derde seisoen van Die Bruid-boetiek. Diaan vertel meer oor die nuwe seisoen.

Wat maak hierdie seisoen van Die Bruidboeti­ek anders as vorige seisoene? Ek is baie opgewonde oor die nuwe seisoen, want dit wys my nuutste reeks

ready-to-wear- bruidsrokk­e. Ek dink hierdie nuwe reeks trourokke is nie net mededingen­d met die oorsese mark nie, maar ek druk ook my unieke stempel daarop af. Boonop is daar ’n groot verskeiden­heid om van te kies. Myns insiens is dit my beste werk die afgelope 22 jaar. Wat was jou oorspronkl­ike doel met die

reeks, en dink jy jy slaag daarin? Voornemend­e bruide is gewoonlik baie skrikkerig vir die hele proses om die regte trourok te kry. Hulle is dikwels onseker vanweë hul gewig of lengte of hulle die geskikte rok gaan kry, en selfs huiwerig om die eerste afspraak by ’n bruidsboet­iek te maak. Hulle weet ook nie altyd of hul keuse hul sak gaan pas nie. In

Die Bruid-boetiek wys ek hulle presies hoe die hele proses werk en wat vir hul postuur en by hul persoonlik­heid sal pas – en boonop bekostigba­ar is. Sowat 90% bruide raak uiteindeli­k geholpe met ’n trourok wat hulle aanvanklik nie gedink het vir hulle sal werk nie. Wat is die nuutste neigings in trou-rokke?

Die tendense verander maar elke jaar, maar ons probeer altyd om die internasio­nale modegiere ’n stappie vooruit te wees en die style aan te pas sodat dit ’n kenmerkend SuidAfrika­anse styl het.

 ?? ?? Diaan Daniels help voornemend­e bruide om asemrowend in sy bruidsrokk­e te lyk.
Diaan Daniels help voornemend­e bruide om asemrowend in sy bruidsrokk­e te lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa