TV Plus (Afrikaans)

Slim Vang Sy Baas

-

Seisoen 4 VIA (*147) 17:30 Realiteit

Die gewilde en skreeusnaa­kse speletjies­program Slim Vang Sy Baas is terug met sy vierde seisoen – en dié keer gaan ’n span bekendes in elke episode teen ’n span gewone mense meeding om met die R10 000-prys weg te stap. Die aanbieder, Beer Adri

aanse (Thomas in die komedieree­ks Hotel), sal sy hande vol hê met die bekendes én die “plebs”, maar dit dra alles by tot heerlike vermaak. “Die seisoen is tot dusver my gunsteling, want ek het eers gesien wie deelneem toe die kameras begin rol. Dit was ’n lekker verrassing om te sien wie van my vriende in die bedryf deelneem,” sê Beer.

Die aktrise Roeline Daneel (Alta-Marie in die telenovell­e Arendsvlei, lees meer op bl. 30) is een van die bekendes wat saam met die joernalist­e Mia Cilliers en Susan Smit in episode 8 (1 Julie) deelneem en Roeline sê sy was erg op haar senuwees. “Dis een ding om ’n karakter op TV te speel en ’n ander storie om jouself te wees en mee te ding,” sê Roeline.

Amalia Uys (Jo in die aksiereeks Die Byl) wat in episode 12 (29 Julie) te sien is saam met die akteurs

Jacques Bessenger en Erika Wessels (Stian en Ragel-Lee in die dramareeks Dwaalster) sê sy was nie vooraf gespanne nie. “Dis tot ek ’n aand voor die opname ’n episode gekyk en besef het die speletjies en vrae is nogal moeilik,” sê sy. “Uiteindeli­k het ek en my spanmaats besluit ons gaan die narre vir die aand wees as ons nie die vrae kan beantwoord nie. Maar ons het met elke ronde verbeter en sterk teen die ander span begin meeding.” Wie gewen het, wil Amalia nie nou verklap nie.

 ?? ?? Van links is Mia Cilliers, Roeline Daneel en Susan Smit.
Van links is Mia Cilliers, Roeline Daneel en Susan Smit.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa