TV Plus (Afrikaans)

Ten Minute Kitchen

-

Seisoen 1 The Home Channel (*176) 18:00 Leefstyl

Indien jy soek na wenke vir die maak van smaaklike en voedsame maaltye met die minste moeite en bestanddel­e, moet die Australies­e leefstylre­eks Ten Minute Kitchen op jou kykspyskaa­rt wees. In elke episode gee die vier aanbieders kookwenke wat maaltye binne 10 minute na die volgende vlak neem.

“Die resepte is eenvoudig met basiese bestanddel­e wat in die meeste spense te kry is,” sê die restaurate­ur en medeaanbie­der Scott Pickett. Hy word bygestaan deur die bekende sjefs Mike Reid,

Kelvin Cheung en Diana Chan, wat seisoen 9 van die realiteitr­eeks MasterChef Australia in 2017 gewen het. Omdat die reeks tydens die Covid-19-inperking geskiet is, kook die sjefs in hul restaurant of huis. “Daar’s iets vir almal. Ons dek hoofmaalty­e, snoephappi­es, slaaie, nageregte en drankies,” verduideli­k Diana, en voeg by: “Die resepte is maklik en gesinsvrie­ndelik – selfs die kleintjies met hul fiemies sal dit geniet.”

Die sjefs bied ’n verskeiden­heid geregte aan wat geïnspiree­r is deur hul kulinêre agtergrond en opvoeding. Diana se geregte het byvoorbeel­d ooreenkoms­te met haar tuisland, Maleisië, en ander Asiese lande wat sy oor die jare heen besoek het. Sy sê: “My ma hou van my Thai-hoenderklu­itjies, dus weet ek hulle is goed.” Die klassiek opgeleide Mike van Engeland gee baie aandag aan die opdien van sy geregte – soos sy garnaalpas­ta wat hy met ’n mengeldran­kie van komkommer, heuning en kruisement voorsit. “Van die geregte is ideaal wanneer vriende of familie onverwags opdaag of jy min tyd het om te kook, en dit smaak heerlik,” voeg Diana by.

 ?? ?? Diana Chan en haar mede-aanbieders gee wenke oor smaaklike en vinnige geregte.
Diana Chan en haar mede-aanbieders gee wenke oor smaaklike en vinnige geregte.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa