TV Plus (Afrikaans)

FBI: Internatio­nal

-

Season 1 M-Net (*101) 20:30 Drama

Die VSA kry dreigement­e uit al die uithoeke van die wêreld, dit maak dus sin dat hulle ’n soort gesags- en regsmag die wêreld oor het. Dis die FBI Fly Team in die splinterre­eks van die dramareeks FBI: Internatio­nal, en dit was ’n leerkurwe, sê die hoofspeels­ter Heida Reed

– sy speel spesiale agent Jamie Kellett. “Ek het nie geweet die FBI het kantore in so baie lande nie. Ek het gedink om internasio­nale aanvalle teen ons land te keer was die werk van die CIA. Maar ons het soveel meer van die FBI geleer.”

Die reeks is ’n splinterre­eks van die superverva­ardiger Dick Wolf se oorspronkl­ike reeks FBI (op M-Net om 19:30) en daar is kruisepiso­des met hul ander program FBI: Most Wanted (op M-Net om 21:30), en dit maak dit pret vir die akteurs. “Dis wonderlik dat ons karakters hul eie storielyne het en dan span die magte saam,” sê Heida. “Ons (FBI: Internatio­nal) speel grotendeel­s af in Europa – ons hoofkantoo­r is in Boedapest. Maar het jy geweet die regte FBI het 63 attaché-kantore reg oor die wêreld?” Die werklike FBI-agente kan nie, soos in die reeks, mense in vreemde lande arresteer nie. “Hulle het een van twee goed nodig,” verduideli­k Heida, en onthul: “Die agente het óf toestemmin­g nodig van die land waar hulle is, óf daar moet spesiale goedkeurin­g wees van die kongres in die VSA, wat dan deur die regering om die FBI se ontwil gehanteer word.”

Dís feitlik ál verskil tussen die program en die regte wêreld, maar Heida erken om van die FBI-agente te leer, asook met hul handboek opgelei te word, was intimidere­nd. “Omdat dit internasio­naal is, met baie reëls en wette wat gevolg word, is dit verstaanba­ar.

Ons konsultant­e doen lukrake toetse. Hulle is FBI-agente en verwag ons moet al die wette ken,” vertel die aktrise.

 ?? ?? Agent Kellett (voor) lei die FBI Fly Team se veldoperas­ies.
Agent Kellett (voor) lei die FBI Fly Team se veldoperas­ies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa