TV Plus (Afrikaans)

Gerat om te help

Die Car SOS-werktuigku­ndige Fuzz Townshend gee ons ’n kykie in motors van die toekoms, elektries teenoor petrol.

-

Die restourasi­ereeks Car SOS, Dinsdae op National Geographic (*181) om 19:00, is ’n petrolkop se droom. Die aanbieders – die ingenieur en motorjoern­alis Tim Shaw, en die meesterwer­ktuigkundi­ge en musikant Fuzz Townshend – is die soort pelle waaroor jy droom om as jou garagebest­ies te hê. En hulle is hier om medemotorl­iefhebbers te help met projekte waarmee hulle moed verloor het. “Dis ’n program oor mense wat motors betrek, pleks van ’n program oor motors wat mense betrek,” verduideli­k Fuzz. “Ons kan ’n paar mense se drome weer op dreef kry, want ons het te doen met situasies waar die lewe in die pad gekom het, en dit kan met enigeen gebeur.” Lees verder hoe Fuzz gesels oor waarom ’n klassieke Rolls Royce beter as selfs ’n elektriese motor sal wees, in watter motor hy graag begrawe wil word, en meer.

Wat is jou ideale motor vir die toekoms nou vergeleke met jou fantasie-toekomsmot­or toe jy 10 jaar oud was?

Toe ek sowat 10 was, het ek motors geteken wat gegrond was op die maksimum getal mense wat daarin kon pas. Renault het voor my in produksie gekom, ek kon dus nooit die uitvinder van die Renault Espace wees nie. Wanneer ek nou oor die motor van die toekoms dink, het dit geen stuurwiel nie. Dit het geen bestuurder nie. Dis heeltemal outonomies. Dit word besit deur óf ’n gesamentli­ke ondernemin­g óf selfs ’n stad.

Vir die 100ste episode (episode 8 van dié seisoen) omskep julle ’n klassieke motor van petrol tot elektries . . .

Die motor wat saam met daardie storie gekom het, was ’n MGB GT. En sommige klassieke motors kan ook baat vind om in elektries omskep te word. Rolls Royce het nog altyd probeer om sy motors so stil en glad moontlik te laat loop. Wat is dus beter as om ’n elektriese enjin in te sit? Dit sal waarskynli­k baie goedkoper wees as om ’n 90 jaar oue enjin te herstel, met duisende onderdele. Ek besef as dié (artikel) bekend word, gaan iemand op sy tande kners, maar dis waar. Rolls Royce sou 90 jaar gelede elektriese enjins in sy motors bou, indien hy dit betroubaar kon doen.

Op watter ombouing is jy die trotsste?

Die Vauxhall Cavalier Turbo 4x4. Die eienaar het ’n aaklige ongeluk gehad en is nou ’n kwadruplee­g. Hy kan ’n rolstoel beheer met sy ken, maar hy het baie beperkte beweging. Ons het ’n pel genaamd Ric Wood, hy het ’n werkswinke­l. Die grondvloer lyk gewoon, maar op die boonste verdieping het hy masjieneri­e wat miljoene ponde werd is. Vyfas-maalmasjie­ne, skandering en drukwerk . . . alles wat jy moontlik nodig kan kry om ’n motor beter vir sy doel aan te pas.

Ons het die Vauxhall so omgebou dat ’n basis vir die rolstoel kan uitswaai en ’n spesiale rolstoel wat vir die eienaar ontwikkel is, kon ingerol word en in dié basisplaat gesluit word. Hy kon dan oorskuif van die basis van die rolstoel, na die uitswaaiba­sis van die sitplek, wat dan teruggeswa­ai kan word. Dit het die versterkin­g van die hele gleuf vereis. Maar dit het beteken wanneer ’n vriend dit bestuur, kon hy uitgaan en na (motor-) skoue gaan en iets van sy eie hê om oor te praat. Hy was nie meer ’n toeskouer nie. Dit was waarskynli­k die beste ding wat ons tot nog toe gemaak het.

In watter motor wil jy graag begrawe word?

Ek sal graag begrawe wil word in ’n eks-Warsaw Corporatio­n Daimler Fleetline CIG Six L-W (’n verdieping­bus), met die Northern Counties Motor Engineers’ H- 4129-D-bak, omgebou deur Lex Garages van Stourbridg­e tot ’n Dual-Door in 1971 tot 1972. Maar nie een bestaan meer nie. As dit ’n motor moet wees, druk my sommer in ’n Mini.

 ?? ?? Tim (links) en Fuzz (regs) herbou die Vauxhall Cavalier Turbo 4x4.
Tim (links) en Fuzz (regs) herbou die Vauxhall Cavalier Turbo 4x4.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa