TV Plus (Afrikaans)

Seisoene van die lewe

Trefferboe­k omskep in ’n boeiende dramareeks.

-

Dinge Van ’n Kind

Seisoen 1 kykNET (*144) Dinsdae 20:00

Die wel en wee van die tiener Mart Vermaak, wat teen die onstuimige politieke agtergrond van die laat 1970’s en vroeë 1980’s grootword, het lesers 28 jaar gelede in die bekroonde skrywer Marita van der Vyver se boek Die Dinge Van ’n Kind aangegryp.

Die boek is in die vroeë 1990’s deur die ontslape skrywer Harry Kalmer in ’n verhoogdra­ma verwerk, en in 2019 weer in ’n eenvrouver­toning met Cintaine Schutte (aanbieder van die reeks Huisgenoot Blokraaibe­stes op VIA) in die hoofrol, omskep.

Maar dit was nie die einde van

Mart se storie nie: Haar verhaal word nou weer in ’n boeiende gelyknamig­e dramareeks van tien episodes hervat. Anders as die boek, maak kykers nie net kennis met die jeugdige Mart (Melissa Myburgh, lees meer op bl.17) en meer volwasse Mart (weer Cintaine Schutte) nie, maar ook met ’n 60-plus Mart (Susanne Beyers, lees meer op bl. 17) wat haar in die reeks in Suid-Afrika soos ons dit vandag ken, gevestig het.

VAN BOEK TOT VERHOOG EN KASSIE

Dit was die mede-teksskrywe­r Elanie Rupping (sy het onder meer die reeks Tydelik Terminaal help skryf) se idee en droom om die boek in ’n TV-reeks te omskep, sê Scharl van der Merwe, vervaardig­er by die produksieh­uis Nagvlug Films. “Nadat Elanie met die idee na ons toe gekom het, het ons Marita genader en dit aan kykNET voorgelê.”

Daar is om verskeie redes besluit om Mart se verhaal in die reeks tot haar middeljare uit te brei, voeg Scharl by. “Dit het twee doele gedien om die ouer Mart-storielyn in die reeks te hê. Die eerste was ’n bietjie selfsugtig: Ons wou almal weet wat van haar geword het, en hoe haar lewe moontlik kon verloop. Maar nóg belangrike­r, ons wou ’n storie vir ’n wyer gehoor skep; een wat oud en jonk kan geniet en terselfder­tyd seker maak daar is iets nuuts vir die mense wat reeds die boek gelees het –

’n storielyn wat hul belangstel­ling ook sal prikkel en week ná week sal laat terugkom.”

Die produksies­pan en die twee teksskrywe­rs, Elanie en Henriëtta Gryffenber­g (die skrywer van ’n reeks soos Erfsondes), het uit die staanspoor hul planne aan Marita voorgelê en deur die loop van die ontwikkeli­ng en produksie aspekte waaroor hulle onseker was, met haar bespreek.

VERFILMING EN TEMAS

Die reeks is einde 2021 en vroeg vanjaar geskiet. “Ons het meesal in die Kaap verfilm. Die hede speel in die Wes-Kaap af en Mart se tienerjare se binnenshui­se tonele is ook in die Wes-Kaap verfilm. Die buite-tonele is in die Hoedspruit­omgewing in die Laeveld opgeneem.” Dinge Van ’n Kind bekyk verskeie temas en die ontnugteri­ng van grootword, asook die verhouding tussen vriende, ouers en hul kinders word deur die reeks verweef.

“Dit is onmoontlik om iets te maak waarvan almal gaan hou, maar die idee met die hede- en verlede-tydlyne in die

reeks was om jonk en oud iets te gee om te geniet,” sê hy.

Daar was verskeie uitdagings tydens die verfilming. “Dit raak al hoe moeiliker om periodedra­mas in Suid Afrika te maak omdat Suid-Afrikaners oor die algemeen nie na ou geboue en die inhoud omsien nie. Dit was veral moeilik om ’n 1970’s-treinstasi­e te kry. Dit is hartseer hoe vervalle die land se infrastruk­tuur is, maar ons is bly ons kon uiteindlik mooi plekke kry wat as stelruimte­s gebruik kon word. Daar is ook maar die ou skelms tyd en geld, maar dit was veral Covid-19 en die stygende petrolprys wat die verfilming aanhoudend geknel het,” vertel Scharl.

Zandré Coetzer, mede-vervaardig­er en mede-regisseur, sê tydens die navorsing het hulle ook besef hoe min Afrikaanse geskiedeni­s van alledaagse dinge behoorlik opgeteken is. “Daar is ook geen voorbeelde op die internet oor hoe gewone skole, koshuise, kerke, mense en modes gelyk het nie. Ons moes dus op vriende en familie se fotoalbums en herinnerin­ge staatmaak om die prentjies aanmekaar te sit.”

ONTMOET MART MART DIE TIENER (Melissa Myburgh)

Melissa (23), wat in 2020 haar eerste hoofrol Mika in die reeks Kompleks vertolk het, het die boek Die Dinge Van ’n Kind vier keer gelees.

“Ek het dit die eerste keer gelees toe ek 13 was en was dadelik verlief op die karakters en gewens ek is soos sy. Ek het ook drie jaar terug na die eenvrouver­toning by die Woordfees gaan kyk. Toe ek verlede jaar ’n oudisie vir die rol gekry het, was ek baie opgewonde. En wraggies: Ek was gelukkig en kon uiteindeli­k Mart wees.”

Die boek is geskryf vanuit Mart se oogpunt, en dit was ’n wonderlike handleidin­g vir haar tydens verfilming. “Wanneer ek gewonder het hoe Mart op ’n spesifieke oomblik gevoel het, het die boek die antwoorde gehad,” verduideli­k Melissa.

Die rol is emosioneel veeleisend. “Mart gaan deur baie ervarings in die storie en om daardie spesifieke emosies te vind, te voel en gebeure te laat herleef, was dikwels moeilik. Ek was soms nie in staat om emosioneel voor te berei nie en moes dan ’n blaaskans neem. As akteur leef jy jouself so in die storie in, jy kan nie anders om vir jou karakter te voel nie.”

DIE MIDDELJARI­GE MART (Susanne Beyers)

Die heelwat ouer Mart is dapper en moedig en sy glo onwrikbaar sy moet ’n bydrae tot Suid-Afrika maak, sê Susanne wat René van Wyk in die dramareeks

Fynskrif gespeel het. “Sy het die regte impulse wat vroue op hierdie ouderdom moet hê, maar dit kom nie altyd op die beste manier uit nie.”

Sy het ook baie vrae en haar kinders besef nie altyd sy is ook maar net ’n mens met emosies en dat die verlede ook pynlike letsels in haar lewe gelaat het nie. “Mart het al baie lesse in haar lewe geleer, soos dat sy haar kinders nie te styf moet vashou nie, maar ook nie moet los nie.”

As skoonma besef sy sy moet haar woorde versigtig kies. “Sy moet aanvaar sy is nie die belangriks­te ding in haar kind Pierre (Ludwig Binge, Tappies in die reeks Nêrens, NoordKaap) se lewe nie.”

Mart is in hierdie stadium van haar lewe glad nie verbitterd nie. “Sy glo en hoop alles in die land sal beter gaan en ’n blink toekoms wink.”

 ?? ?? Mart oor die jare (van links): Melissa Myburgh, Cintaine Schutte and Susanne Beyers.
Mart oor die jare (van links): Melissa Myburgh, Cintaine Schutte and Susanne Beyers.
 ?? ?? Die koshuislew­e het die tiener Mart hard getref en sy was verplig om haar nuwe leefomstan­dighede te aanvaar.
Die koshuislew­e het die tiener Mart hard getref en sy was verplig om haar nuwe leefomstan­dighede te aanvaar.
 ?? ?? Die pennekissi­e bring baie hermemorie­ringe aan haar tienjare na Mart terug.
Die pennekissi­e bring baie hermemorie­ringe aan haar tienjare na Mart terug.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa