TV Plus (Afrikaans)

DEUR DIE LENS

-

Tydens die Zambezi-avontuur was Streicher die fotograaf en het onder meer aksiefoto’s en beeldmater­iaal met sy hommeltuig verfilm. Hier is van sy gunsteling­foto’s wat tydens episode 6 (9 Mei) by die Victoria-waterval, episode 7 (16 Mei) van die Victoria-waterval tot by die Matusadona Nasionale Park, en episode 8 (23 Mei) van Kariba tot Chitake Springs-kampterrei­n geneem is:

Nina en Streicher in die helikopter:

Nina (links) saam met Streicher (regs) tydens ’n helikopter­rit in episode 6 oor die Victoria-waterval.

Victoria-waterval-lugskoot:

Hierdie asemrowend­e foto het Streicher met sy kamera uit die helikopter geneem. “Dit was ’n ongeloofli­ke ervaring. Die uitsig was beeldskoon en die vlug in die helikopter was onvergeetl­ik – veral toe ons tussen die watervalle deur gevlieg het.”

Streicher en die leeu:

Ná die Victoriawa­terval-uitstappie besoek Streicher en die Voetspore-span ’n rehabilita­siesentrum waar wilde diere versorg word. “Van hulle sal nooit weer na die wildernis kan terugkeer nie, dus is hulle heel mak en daarom kon ons naby aan hulle beweeg,” sê Streicher.

Land Cruiser:

Hier bestuur Nina die Land Cruiser 4x4 deur die grond en water terwyl Streicher die foto’s neem.

Seekoeie:

Dié pragtige seekoeie het Streicher by die Matusadona Nasionale Park in episode 7 verfilm.

Afrika sonsonderg­ang:

“Afrika is ’n plek wat prentjiemo­oi afneem,” sê Streicher oor hierdie sonsonderg­ang.

Huisboot:

Die huisboot was Streicher en die Voetspore-span se tuiste vir drie dae tydens episode 8 in Zimbabwe. “Ons het die mooiste wild gesien, soos olifante wat kom water drink het,” vertel Streicher.

Kremetartb­oom:

Die reusekreme­tartboom is by die Chitake Springs-kampterrei­n in episode 8. “Daardie nag terwyl ons gekamp het, het ek nie geslaap nie, want ek het konstant die gebrul van leeus gehoor,” sê Streicher.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa