TV Plus (Afrikaans)

Selfdood-skok

Koppe word gekrap oor wie Simon kon help met sy selfdood.

-

Almal was geskok toe hulle hoor Simon (David Louw), die alomgewild­e Stryder-afrigter, het sy eie lewe geneem. Enkele weke gelede moes Simon se geliefdes en die Stryders die slegte nuus verwerk dat Simon tydens ’n fratsongel­uk ernstig beseer en verlam is. Dié ongeluk het gebeur nadat die Stryder Zappa (Runaldo Hendricks) hom tydens ’n oefening op Simon se bevel, getakel het. Maar niemand sou ooit kon voorsien Simon sou sy lewe neem en alles sou so tragies eindig nie.

“Simon sou vir die res van sy lewe aan ’n rolstoel gekluister wees en hy kon net nie daarmee vrede maak nie,” vertel Ansu Visser, wat die rol van Lulu, Simon se vrou, vertolk. Maar almal begin nou wonder: Was Simon alleen aandadig aan sy selfdood of het iemand hom gehelp om hierdie drastiese stap te doen. En indien wel, wie?

AGTERDOG

Ansu vertel speurseran­t

Breytenbac­h (Jakkie Groenewald) het kort ná Simon se dood vir Lulu gesê hy dink iemand het Simon gehelp om selfdood te pleeg en dit het die saadjie vir agterdog gesaai. Lulu wys ook vir Breytenbac­h ’n video-boodskap wat Simon voor sy dood vir haar gestuur het. “Simon sê in die video hy gaan ’n dwelmhande­laar vra om vir hom die veemiddel Karfentani­l te kry sodat hy sy sinnelose lewe kan beëindig,” vertel sy. En Simon sou weet, want hy het die dwelmsmous se dienste in sy wilde, jonger dae gebruik.

Breytenbac­h begin oral snuffel en sy speurwerk lei hom na Zappa, die Stryder wat Simon platgetrek het. Maar wanneer hy Zappa – wat Simon ’n paar keer in die hospitaal besoek het – oor Simon se selfdood konfrontee­r, ontken Zappa enige aandeel daarin.

“Zappa sê vir Breytenbac­h sy ma het mortorneur­onsiekte en hy sal nie vir een oomblik daaraan dink om sy ma te help om haar van dié wreedaardi­ge siekte te verlos nie,” vertel Runaldo, en beklemtoon sy karakter sou dit dan ook nie vir die verlamde Simon doen nie.

DROEWE DAG

Simon se gedenkdien­s in Pottie’s, die Stryders se groot kuierplek, is ’n hartseer geleenthei­d vir al sy geliefdes en spanmaats – en Zappa skitter in sy afwesighei­d. En nou begin die Stryders, soos Breytenbac­h, wonder of Zappa Simon dalk gehelp het om sy laaste wens te bewaarheid.

Maar vir eers tik Breytenbac­h Zappa se naam van sy lysie af en wonder of Lulu nie die een was wat haar man gehelp het nie. Hy gaan gesels selfs met Simon se gebroke ma,

Yvonne (Karin Retief), oor hierdie moontlikhe­id. Was Lulu se onvoorwaar­delike liefde vir haar Simon dalk so sterk dat sy ook nie kans gesien het om hierdie fikse en aktiewe sportman vir die res van sy lewe te sien ly en hulpeloos wees nie?

DIE WAARHEID

Zappa se skuldgevoe­lens oor die fratsongel­uk het hom nie net van binne af opgevreet nie, maar sy nagmerrie het vererger toe Simon hom gesmeek het om hom te help om die dodelike dwelm in die hande te kry, vertel Runaldo. “Zappa kon nie glo Simon, die pa van twee kinders en pasgetroud met sy groot liefde Lulu, rig so ’n onredelike versoek aan hom nie,” sê hy.

“Schalk (Johan Scholtz), HUB van die Stryders, het ná die slegte nuus oor Simon se verlamming Simon verseker hy kan steeds in die toekoms die span afrig. Zappa het gedink Simon het nog vooruitsig­te vir die toekoms, al hang daar ’n donker wolk oor hom.”

Zappa het op ’n manier tog aandadig gevoel vir Simon se verlamming, al was dit ’n fratsongel­uk en al het Simon hom vergewe. “En toe gee hy maar in om Simon te help,” verduideli­k Runaldo.

Maar dis nie lank nie of Zappa besluit hy kan nie langer met die groot leuen saamleef nie. Hy skraap sy moed bymekaar en vertel Lulu hy het Simon gehelp om selfdood te pleeg.

“Lulu is geskok om te besef dit was Zappa, want hy was baie na aan Simon. Sy sukkel om vrede te maak dat dit eintlik genadedood was en sy jaag Zappa weg. Sy voel Zappa was die een wat haar groot liefde van haar weggeneem

het.,” vertel Ansu. “Maar sy kom dan tot inkeer en besef mettertyd dit was eintlik Simon wat ’n swaar las op Zappa se skouers geplaas het en besluit om Zappa te vergewe. En sy belowe Zappa sy ontboesemi­ng oor sy aandeel in Simon se selfdood sal tussen hulle bly.”

Ansu sê Simon was die groot liefde in Lulu se lewe. “Dit gaan vir haar baie moeilik wees om aan te pas, wat nog te sê om in die toekoms aan te beweeg. Maar sy weet sy moet vir haar twee kinders se onthalwe sterk bly en Simon se gedagtenis laat voortleef.”

VERLEDE KEER

Zappa het Simon in die hospitaal besoek, Pine en Kristien het besef hulle lei mekaar in die versoeking, en Ryno en Anastasia moes belangrike besluite oor die toekoms neem.

IN DIÉ UITGAWE

Bibi en Jordan se paaie skei finaal, Speurderse­rsantBreyt­enbach ondervra Zappa, en Ryno en Anastasia speel lekker huishuis. Die hele Stryder-familie kom in Pottie’s bymekaar, Amanda oorreed Candice om met die onderhoud voort te gaan, en Pine kan Kristien nie uit sy gedagtes kry nie. Candice voer ’n onderhoud met Ryno en Anastasia, Zappa vertel Lulu die waarheid, en Bibi se hart is aan skerwe. Lulu vergewe Zappa, Jana maak kontak met ’n ou vriendin, en Anastasia sukkel om haar nuwe realiteit te verwerk.

Jana se skoolvrien­din kom kuier, en Pine neem ’n drastiese besluit. Die waarheid oor Amanda se aanval kom op die lappe, die Stryder-vroue maak gereed vir hul volgende onthaal, en Kris-tien vind uit van Pine se planne. Kristien wil hê Amanda moet weer afgedank word, Jana voel Schalk en Riana sluit haar uit, en Anastasia voel oorweldig deur al die aandag. Schalk en Amanda het ’n ernstige gesprek, Jana besin oor haar vriendskap met Riana, en ’n ongemaklik­e gerug bedreig Anastasia se reputasie. Die nuus oor Amanda se aanval word aan die pers uitgelek, Ryno wroeg oor die toets, en Buks en Nesie oefen die salsa. Schalk gee vir Jana en Riana ruimte, Fafa moet leer salsa en Pine en Kristien worstel met hul gevoelens vir mekaar.

 ?? ?? Lulu is verpletter ná Simon se selfdood en weet nie hoe sy met haar lewe kan aangaan nie. Inlas: Lulu en Simon.
Lulu is verpletter ná Simon se selfdood en weet nie hoe sy met haar lewe kan aangaan nie. Inlas: Lulu en Simon.
 ?? ?? Jordan (links) en Lulu by Simon se roudiens.
Jordan (links) en Lulu by Simon se roudiens.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? ’n Stralende Lulu en Simon op hul troudag.
’n Stralende Lulu en Simon op hul troudag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa