TV Plus (Afrikaans)

IN DIÉ UITGAWE

-

Ruya vind uit hoe wreed die wêreld werklik is, Cicek sukkel om haar vorige lewe agter te laat, en Cemre is desperaat om vir ewig gelukkig te wees. Cemre is gereed om te vlug, maar Gunes raak siek, Celebi is vasbeslote om Cemre op te spoor, en Cicek word nader aan breekpunt gedryf wanneer nóg goed verkeerd loop en niemand haar wil help nie. Celebi is op Cemre se hakke, en Cemre besef die strop trek nouer om haar leuens. Tomris verseker haar plan bly onaangetas, en Omer is in polisie-aanhouding. Ruya besluit om alles te waag vir dit waarin sy glo, Cemre begin voel sy kan nie langer van haar verlede of Celebi ontsnap nie, en Cemre is tussen twee vure.

Cicek hoor skoonheid en ydelheid gaan hand aan hand, en Ruya sal tot die uiterstes gaan om Omer se onskuld te bewys. Cemre neem ’n dapper standpunt in teen Celebi wat Celebi nie verwag het nie, Cicek is geskok deur ’n onverwagte besoeker, en Omer is vasberade om uit te vind wie hom skuldig laat lyk het. Cemre gaan lê ’n klag oor haar mishandeli­ng, en Atlas gaan uit sy pad om Cicek op te beur. Ruya neem Omer uit vir die aand, Ruya maak op aan Cemre vir die jare lange verwaarlos­ing, en Cicek groei nader aan Atlas, maar voel steeds haar lewe is verby. Iskender se skuldgevoe­l begin aan hom knaag, en Cemre loop weg met Gunes, onbewus van die nasleep van hul verbinteni­s. Sonder die polisie aan haar kant, lyk alles hopeloos vir Cemre, Ruya se bankkaarte word gekanselle­er, en Omer ontdek daar skuil meer agter die brand as wat dit op die oog af lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa