TV Plus (Afrikaans)

Kim’s Convenienc­e

-

Seisoen 4 SABC3 (*193) 18:30 Komedie

Liefdesdri­ehoeke is ’n intrige wat op sy beste in sepies soos Days Of Our Lives en The Bold & The Beautiful gebruik word, maar dis ook tuis in ’n komedieree­ks soos Kim’s Convenienc­e. En dit gee Janet (Andrea Bang) hoofbreken­s in seisoen 4. “Sy gaan haarself in ’n bietjie moeilikhei­d bevind, en dis nie regtig alles haar skuld nie,” erken die 32-jarige aktrise. “Sy voel nog iets vir haar ekskêrel, Raj (Ishan Davé, Frederick in die polisieree­ks Hudson & Rex), maar wil ook aanbeweeg met Nathan (Benjamin Sutherland, Andrew in Hudson & Rex). En dís waar die probleem begin . . .

Andrea se karakter hunker dalk nog na al die goeie tye saam met Raj, maar sy is opgewonde oor dinge saam met Nathan. “Hulle is in dieselfde jogaklas, hy’s eintlik haar instrukteu­r en daar is ’n vonk. Dis meer fisiek as belangrik,” erken die aktrise. Maar daar is twee dinge wat Janet nie weet nie: Raj het aan die einde van seisoen 3 sy troue voor die kansel stopgesit, want hy is steeds dolverlief op Janet, en haar ouboet Jung (Simu Liu, Shang-Chi in die Marvel-fliek Shang-Chi) hou onmiddelli­k niks van Nathan nie.

“Jung is baie beskermend teenoor Janet. Hy sien deur Nathan se front en weet hy is nie ’n gawe ou nie,” sê Simu. “Dis belangrik vir Jung om Janet te beskerm, want hulle word weer goeie vriende dié seisoen. Jung hou dalk nie veel van Raj nie, maar hy is beter as dié Nathan,” voeg die akteur by. Oor wat met Janet gaan gebeur, is Andrea seker sy gaan haar kop gebruik. “Janet hou daarvan om verlief te wees en wil hê iemand moet vir haar lief wees. Maar sy moet besluit by wie sy wil wees. Dit gaan nie te moeilik wees nie . . .”

 ?? ?? Janet (links) is vasgevang in ’n liefdesdri­ehoek wanneer haar eks Raj (regs) na haar terugkom.
Janet (links) is vasgevang in ’n liefdesdri­ehoek wanneer haar eks Raj (regs) na haar terugkom.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa