TV Plus (Afrikaans)

Living By Design

-

Seisoen 1 The Home Channel (*176) 18:30 Leefstyl

Reekse oor huisopknap­ping is baie gewild en kanale soos The Home Channel (*176) is toegewyd om die beste leefstyl- en opknapping­sreekse uit te saai. Elke reeks het sy eie unieke idee hoe om ’n huis te herskep, en in die splinternu­we leefstylre­eks Living By Design span die twee sibbe Jazz en Jake Smollett saam om leef-, werk- en speelruimt­es vir millenniër­s te herskep.

“Dis nie jou gewone opknapping­sprogram nie,” sê Jake. “Ons kliënte is uniek omdat hulle kunstenaar­s, skrywers en musikante is, en die ruimtes wat hulle beset, is dus kleiner as gewoonlik. Hulle werk ook van die huis af, en dan kom ons en herskep hul leef- en werkruimte sodat hulle deur ontwerp kan leef.”

Jazz beaam wat Jake sê en voeg by: “Ons betree hul ruimte en vind uit wie hulle is, waarvoor hulle lief is – jy weet, daardie dinge wat hulle uniek maak – en ons deel hul ruimte en herontwerp dit.” Ná die opknapping, bederf Jazz en Jake hul kliënte met ’n onthulling­spartytjie, want soos Jazz sê: “Wanneer jy jou plek oordoen, wil almal skielik kom kuier en deel van die kliek wees. Die partytjie skep die geleenthei­d vir almal om te kom kyk en hulle nie later te pla nie.”

In die eerste seisoen help Jazz en Jake ’n kliënt (episode 1) wat pas na Los Angeles getrek het om ’n nuwe loopbaan te volg. Die ontwerpspa­n neem ’n ateljeewoo­nstel in Koreatown oor, met Jazz wat die ruimte herontwerp, en Jake wat ’n bedkopstuk bou wat die vaal kamer wonderlik opkikker.

En in episode 2 help hulle ’n enkelma om haar woonstel op te kikker sodat sy kan fokus op haar kind se aspirerend­e toneelspel­loopbaan en repetisier­uimte te skep.

 ?? ?? Jake (links) en sy suster Jazz (regs) help hul kliënte om hul huis in stylvolle leefruimte­s te omskep.
Jake (links) en sy suster Jazz (regs) help hul kliënte om hul huis in stylvolle leefruimte­s te omskep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa