TV Plus (Afrikaans)

’n Viering van liefde LIEF VIR DIE LIEFDE

Om ’n familie te wees is verwikkeld genoeg – sprinkel daarby die soeke na liefde en selfontdek­king en jy kry Troukoors!

-

Troukoors

Seisoen 1 kykNET (*144) Sondae 20:00 (vanaf 15 Mei)

Moenie geflous word deur die titel nie. Niemand is desperaat om te trou nie, en al koors wat hoog loop, is om elke dag die beste carpe diem-oomblik te hê. “Die reeks gaan oor drie vriendinne in hul vroeë 30’s, en een van hulle is ’n trouebepla­nner, Jessica (gespeel deur Ilse-Lee van Niekerk). Saam met haar bly haar skaam suster Luca (Blyde Smit), ’n rekenaarpr­ogrammeerd­er, en hul bestie, Abi (Bianca Flanders), wat die lewe en liefde in alle vorme aangryp,” vertel Louis Pretorius, die reeks se medeskeppe­r en -vervaardig­er. “Dit gaan oor liefdesver­hale: Die avonture én teëspoed van die liefde.”

En watter heerlike pad is dit nie om saam met die vriendinne te stap nie! Die reeks is einde verlede jaar op die stroomdien­s Showmax (lees meer op ble. 6-9) beskikbaar gestel, maar vir diegene wat dit misgeloop het, is dit die perfekte Sondagaand-vermaak op kykNET. Maar wees gewaarsku: Dis nie ’n gewone romkom nie. Maak jouself reg vir moderne leefstyle en ’n mengelmoes-familie, maar geskoei op deernisvol­le karakters wat dalk soos stereotipe­s lyk, maar hul wel en wee sal jou verras.

ANDER AANSLAG

Louis en sy medeskrywe­r en -vervaardig­er, Albert Snyman, weet hoe om trefferree­kse te skryf, soos hulle met Die Boekklub, Fynskrif en Die Boland Moorde bewys het. Dié keer het hulle jong skrywers betrek om seker te maak hulle skep ’n geloofwaar­dige reeks. “Ek dink baie van kykNET se gehoor sal aanklank vind by die reeks, ongeag hul ouderdom,” sê Louis. “Dit het ’n meer moderne aanslag – veral ten opsigte van die verwonderi­ng wat die hoofkarakt­ers ervaar – en die ouer kykers het dalk in ’n ander tyd groot geword, maar die vrae oor die liefde is eintlik maar dieselfde,” sê hy oor die diverse karakters, soos Abi wat openlik biseksueel is en saam met byna enigiemand in die bed sal spring. “Vroeër jare het baie mense dit ook gedoen, maar dit is verswyg. Nou praat mense darem al daaroor.”

Nie dat enige van die tonele aanstoot gee nie. “Ons het net ’n ander aanslag gebruik. In Die Boekklub, toe boer

Herman (gespeel deur Arno Marais) uit die kas geklim het, het ons dit ook vanuit al die ander karakters se perspektie­f vertel, en só die gehoor gelei. Maar met Abi is dit net ’n gegewe sy is biseksueel. Ons probeer dit nie regverdig nie. Dit is net so.”

Die liefde is ’n sentrale tema in Troukoors. “Ons probeer wys elkeen het sy eie vorm van liefde, en die liefde neem ’n duisend vorms aan,” vertel Louis.

Dit het lank geduur om die rolverdeli­ng af te handel en seker te maak elke akteur pas perfek in sy rol. Daar is verrassing­s, soos die komediant Melt

Sieberhage­n wat ’n gay man, Nathan, speel en al jare in ’n verhouding is met Karel, vertolk deur Kevin Smith.

Die ankerkarak­ter Jessica is die heilsaamhe­id vanself. “Sy is ’n ystervuis in ’n fluweeldoe­k. Ons wou wys jy kan ’n sterk vrou wees, maar ook sag en vroulik soos sy. En net omdat jy glo in die liefde en romanse, beteken dit nie jy laat mense oor jou loop nie.”

VERSPLINTE­RDE FAMILIES

Die reeks wys hoe ons vandag ons eie familie skep. “Familie word deesdae herdefinie­er. Families is deesdae oor die wêreld versprei en word anders gevorm. Ons vorm dit rondom ons vriende en stemme wat soos ons s’n is,” verduideli­k Louis oor Jessica en Luca wat Karel en Nathan ná hul ouers se dood as hul pa’s aangeneem het.

Jy vind ook dikwels liefde waar jy dit die minste verwag, soos dié karakters.

 ?? ?? Die drie woonstelma­ats se liefdesavo­nture sal jou hart warm maak. Van links is Luca, Jessica en Abi.
Die drie woonstelma­ats se liefdesavo­nture sal jou hart warm maak. Van links is Luca, Jessica en Abi.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa