TV Plus (Afrikaans)

Alles oor ’n baba

Sy het dalk ’n twyfelagti­ge roete gevolg, maar Lesedi is vasberade om ’n goeie ma vir Fikani se baba te wees.

-

Ons was al almal dolverlief, maar waar sommige vroue hul liefie se kappietop of t-hemp dra, het Lesedi Moloi (Keabetswe Motsilanya­ne) verder gegaan en spermselle gesteel van ’n man met wie sy nie eers in ’n verhouding was nie – Fikani (Nicholas Nkuna) – in November 2021 voor sy Hillside verlaat het om haar siek pa, Jacob Moloi (wyle

Patrick Shai), te versorg. Lesedi is al geruime tyd behep met dr. Alexa (Carina Nel) se man, Fikani, en het selfs hul troue in Julie 2021 probeer keer. Maar hoewel Fikani en Alexa ’n sug van verligtig geslaak het toe Lesedi swanger teruggekee­r het, het die drama begin. “Lesedi het gesondheid­sprobleme tydens haar swangerska­p gehad. Sy het ook op haar ooievaarsp­artytjie flou geword en Alexa, wat ’n gas was, het instinktie­f gereageer en besef Lesedi ervaar diabetiese skok en het haar insulien toegedien. Lesedi is toe met swangerska­p-diabetes gediagnose­er,” vertel Keabetswe.

’N GOEIE MA

Die manier waarop Lesedi se baba bevrug is, is onortodoks om die minste te sê, nadat die hospitaal se administra­teur, Khethiwe (Sesethu

Ntombela), haar vertel het

Fikani se spermmonst­er is

“onbewaak”. Maar eintlik wil Lesedi net ’n ma wees . “Sy is desperaat om ’n goeie ma vir haar kind te wees. Hierdie proses was hoegenaamd nie normaal nie, maar dit het haar nie gekeer nie,” voeg die aktrise by, en verklap nóg drama is op pad.

VERLEDE KEER

DeWet en Werner het ondersoek ingestel nadat die alarm by Bruynwaves afgegaan het, Uys het sy pa voor stok gekry oor sy ontrouheid, en Aggie het by Bruynwaves bedank.

IN DIÉ UITGAWE

Ivy is bly sy is op ’n goeie voet met die res van die skool-ma’s, Fikani simpatisee­r met Tumi oor haar familiedra­ma, en Amorey, Tjattas en Khethiwe betrap Uys wat by Shady se slaapkamer uitsluip. Die getroude paartjies dink aan hul onderskeie troudae, Chris vra dringend hulp, en Bonita kry troos by Vanessa. DeWet stel ’n hartseer Erica gerus, die jongklomp praat hoe alles wat in Hillside gebeur altyd vol drama is, en Tjattas vra dringend hulp by Hettie.

Alexa en Fikani is meer verlief as ooit,

Ivy en Marvin moet na ’n voorval met Eddie omsien en is verras deur wat hulle ontdek, en Tanya probeer ’n verontrust­e Alexa ondersteun. Aggie maak dit duidelik wie Zee se hoogste prioriteit moet wees, en die Hillsiders wag angstig vir nuus van die Hillside-kliniek oor hul vriend.

Denzil het medelye met Vanessa, wat uitvaar oor die wrede wêreld waarin hulle lewe, en die jonges steier van skok oor wat die afgelope 24 uur in hul gelukkige gemeenskap gebeur het. DeWet besoek ’n pasiënt in die hospitaal, en Tanya meen dit is bedagsaam dat almal met baba Nelo help.

 ?? ?? Alexa (regs op inlas) besef nie Lesedi (hoof en links op inlas) dra haar man, Fikani (inlas links) se baba nie.
Alexa (regs op inlas) besef nie Lesedi (hoof en links op inlas) dra haar man, Fikani (inlas links) se baba nie.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa