TV Plus (Afrikaans)

Is dit ’n spook?

Beatrice val flou wanneer “David” by haar kantoor instap . . .

-

Die hoof van die Hoërskool Arendsvlei, Beatrice Cupido (Jolene Martin), dra nog die letsels van die diep waters waardeur sy al in haar lewe is – en nie alle trauma genees ooit volkome nie. Soos die dood van haar man, David (Oscar Petersen) in 2019. Tog was sy dood in ’n mate ’n verligting omdat hy haar emosioneel en fisiek mishandel het.

Beatrice het gedink sy het die afgelope paar jaar die gebeure verwerk en aanbeweeg, maar wanneer ’n man wat op ’n druppel net soos David lyk by haar opdaag, omvou ’n donkerte haar.

DIS GEKOMPLISE­ERD

Die storielyn begin wanneer die Hoërskool Arendsvlei se faktotum, Hein (Merlin Balie), Beatrice vra om ’n nutsman aan te stel omdat Hein nie by alles uitkom nie. Jeffrey (ook vertolk deur Oscar Petersen), ’n man met ’n gekomplise­erde agtergrond, hoor daarvan en klop aan Beatrice se kantoordeu­r vir ’n onderhoud.

“Beatrice kan haar oë nie glo wanneer Hein Jeffrey aan haar wil voorstel nie, en voor sy nog haar hand kan uitsteek en groet, val sy flou,” sê Beatrice. “Jeffrey lyk soos David al is daar geen verbinteni­s tussen hulle nie – hul persoonlik­hede verskil ook soos dag en nag. Dit freak almal uit, maar Beatrice dink die Here het hom op haar pad gestuur om vrede te maak met haar verlede.”

HIER KOM MOEILIKHEI­D

Intussen raak Aunty Gertie (Celeste Matthews), Beatrice se ma, bekommerd oor Jeffrey se skielike verskyning. “Sy kan nie die fisieke ooreenkoms­te tussen David en Jeffrey ontken nie,” sê Celeste. “So ook nie die indruk wat Jeffrey op Beatrice maak nie, en daarom dink sy dis glad nie ’n goeie idee om Jeffrey as nutsman aan te stel nie. Sy dink dit gaan net moeilikhei­d vir Beatrice veroorsaak.”

Aunty Gertie maak haar ongelukkig­heid oor Jeffrey duidelik aan Beatrice, maar Beatrice wil niks hoor nie. “Beatrice dink Jeffrey is daar om haar vrae te beantwoord,” sê Jolene. “Beatrice mag dalk aanbeweeg het van David in die sin dat sy ander verhouding­s kan aanknoop, maar sy besef nou met Jeffrey se verskyning sy dra nog ’n wrok in haar rond omdat David nooit jammer gesê het oor hoe hy haar behandel het nie. En sy glo sy gaan deur Jeffrey

closure kry.”

’N REISIGER

Beatrice begin al hoe meer tyd saam met Jeffrey deurbring en kry ’n blik op sy verlede. “Jeffrey het so ’n paar jaar terug uit ’n jarelange koma ontwaak. Die hospitaal het orals foto’s van hom geplaas met die hoop ’n familielid sal hom herken en kom claim, maar niemand het gekom nie,” sê Jolene. Jeffrey kan ook niks van sy familie onthou nie, dus reis hy nou rond en doen odd jobs waar hy kan om ’n inkomste te kry.”

GERTIE SÊ NEE

Wanneer Aunty Gertie besef hoeveel tyd Beatrice en Jeffery in mekaar se geselskap deurbring – teen haar uitdruklik­e wense – besluit sy om hulp in te roep.

“Sy reik uit na Clint (Clayton Evertson), ’n polisiespe­urder en Beatrice se aan- en-af-kêrel, om Jeffrey te ondersoek,” sê Celeste.

Ons wonder wat Clint alles gaan uitsnuffel. Is Jeffery en David dalk tog familie, of is die ooreenkoms werklik net toevallig?

 ?? ?? Hein (agter) is stomgeslaa­n wanneer hy Jeffrey (voor) aan Beatrice wil voorstel en haar reaksie sien.
Hein (agter) is stomgeslaa­n wanneer hy Jeffrey (voor) aan Beatrice wil voorstel en haar reaksie sien.
 ?? ?? Beatrice is geskok wanneer David se ewebeeld by haar kantoor instap.
Beatrice is geskok wanneer David se ewebeeld by haar kantoor instap.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa