TV Plus (Afrikaans)

Slim en talentvol

Daar broei iets tussen drs. Tertius en Zee – en Mila Guy is opgewonde oor haar nuwe permanente rol in Binnelande­rs.

-

Die afgelope maand was vol opwinding in die Binneland-kliniek se ongevalle-afdeling tydens die internskap­projek. Vier dokters het daaraan deelgeneem, insluitend­e Elton Cloete (Solomon Cupido), Liam Vorster (David Viviers), Nicolette

Nortje (Kate Roothman) en Zanel, oftewel Zee, Jordaan (Mila Guy). Ná vele uitdagings het Liam gewen en die nuwe dokter by ongevalle geword, maar Liam het die pos van die hand gewys en homself by ’n rehabilita­siesentrum laat opneem om sy pynpil-verslawing onder beheer te kry. Zee is in sy plek aangestel en daar is nuwe uitdagings vir haar op die horison, soos ’n vuurwarm fling met haar baas, dr. Tertius (Reynardt Hugo).

En die aktrise Mila Guy is baie dankbaar en opgewonde vir hierdie permanente rol wat oor haar pad gekom het.

WAT GEBEUR IN DIE STORIELYN

Zee was meer as net geskok toe sy hoor sy het die werk by ongevalle gekry, vertel Mila. “Sy het vir ’n breukdeel van ’n sekonde gewonder of sy goed genoeg is vir die pos, want Liam het dit tog eerste gekry,” sê Mila. “Maar sy delf diep binne haarself en vind die selfvertro­ue wat sy nodig het om die werk te doen, en weet sy is slim genoeg.”

Tertius is nie beïndruk met Zee nie. “Liam was sy eerste keuse en hy is nie gelukkig met Zee wat nou oorneem nie – iets wat hy vir almal vertel. Maar Tertius ken nie die volle storie oor waarom Liam die pos bedank het nie. Dit word privaat gehou en Zee gaan nie Liam se vertroue skend nie. Nie as sy vriendin of as ’n dokter nie,” sê Mila.

Later wanneer dinge kalmeer, vra Tertius Zee om verskoning omdat hy haar sleggesê het. Maar Zee is nie op haar mond geval nie en sê vir Tertius al was sy nie Tertius se eerste keuse nie, sal sy haarself bewys en hy moenie dink hy kan oor haar loop nie.

IETS IS AAN DIE BROEI

Die moreel in ongevalle is redelik swak en Tertius begin dink aan maniere om almal op te beur. “Hy stel voor hulle pak ’n spanbouakt­iwiteit aan wat ’n verskil sal maak, en twee personeell­ede moet saamspan om aan idees te dink.” Tot Tertius en Zee se misnoeë word hulle in een span gedeel en aanvanklik sukkel hulle om met idees vorendag te kom. “Uiteindeli­k dink Zee hulle kan op ’n unieke manier medisyne vir kinderpasi­ënte ingee sodat dit nie die kinders naar maak of hulle dit uitspoeg nie. Ek nie kan te veel besonderhe­de daaroor uitgee nie, maar dit maak Tertius baie opgewonde.”

Die dag waarop Zee en Tertius hul voorleggin­g indien oor hul spanbouakt­iwiteit gaan dinge so goed, Tertius trek Zee in die hitte van die oomblik teen hom aan vir ’n klapsoen. “Zee is uit die veld geslaan,” sê Mila. “Maar sy voel eintlik ’n bietjie gevlei.”

Daarna bring hulle meer tyd in mekaar se geselskap deur en Tertius help tot vir Zee wanneer sy ’n persoonlik­e krisis met haar ma het. “Om dankie te sê, nooi Zee Tertius uit vir ete, maar Tertius kanselleer op die nippertjie,” sê Mila. Kort daarna besef Zee sy het gevoelens vir Tertius en daag dan onverwags voor sy deur op . . .

MILA DIE AKTRISE EN SANGER

Die talentvoll­e Mila het die afgelope jaar die een rol ná die ander ingeryg. “Ek het einde Julie verlede jaar by 7de Laan klaargemaa­k (in haar rol as Lana), waarna ons die laaste seisoen van die komedieree­ks Hotel begin verfilm het. Daarna is die tweede seisoen van Eendag (wat gaan oor paartjies wat binne ’n dag hul troue reël en uitvoer) waarvan ek die aanbieder was, geskiet. Ek het ook ’n draai gemaak op die telenovell­e Legacy (lees meer op bl. 36) se stel,” sê Mila. Ons sal haar in Junie-Julie in Legacy sien as Chloe wat met die Price-familie sake doen.

Nou, benewens haar nuwe permanente rol in Binnelande­rs, fokus Mila ook op haar loopbaan as sangeres. “Ek wou nog altyd sing, maar toe gaan die vermaakwêr­eld vir my oop. Dis te danke aan my vriendin en sangeres Janie

Bay wat spesiaal vir my ’n liedjie, Horison, geskryf het dat ek ’n platekontr­ak losgeslaan het.” Sy werk nog aan ander liedjies wat later vanjaar as ’n EP ( extented play- musiekalbu­m) uitgereik sal word. Oor haar rol in Binnelande­rs is sy baie dankbaar. “Ek was verheug toe die vervaardig­ers vir my ’n jaarkontra­k aanbied en kan nie wag om te sien wat nog alles vir Zee voorlê nie.”

 ?? ?? Zee (hooffoto) neem haar werk as dokter by ongevalle ernstig op, al is Tertius (inlas) aanvanklik vyandig teenoor haar.
Zee (hooffoto) neem haar werk as dokter by ongevalle ernstig op, al is Tertius (inlas) aanvanklik vyandig teenoor haar.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa