TV Plus (Afrikaans)

In die rug gesteek

Conrad is sy posisie as HUB van die Binneland-kliniek kwyt en gee Steve die skuld daarvoor.

-

Daar is ’n nuwe hoof- uitvoerend­e beampte by die Binnelandk­liniek, en dis niemand anders nie as dr. Annelize Roux (Cindy Swanepoel)! Die vorige HUB, dr. Conrad Koster (Hykie Berg) was vroeër in Mei so gefokus om sy pa, dr. At Koster (Hans Strydom), uit sy posisie as grootbaas van die hospitaal te verwyder, hy het nie gesien Annelize stel haar eie plan in werking nie. “Conrad wou van At ontslae raak omdat al At se grudade en geheime op die lappe gekom en dit die hospitaal se reputasie geknou het,” sê Hykie. Maar Conrad is sy pos kwyt. En al sê At hy wil nie verder baklei nie, het Conrad oorlog verklaar!

VERTROUE IS GESKEND

Dis vir Conrad veral moeilik om te verwerk dat een van die hospitaalr­aadslede, dr. Steve (Clint Brink) teen hom gestem het. “Conrad dink Steve het die verkeerde persoon geback,” sê Hykie. Dit maak ook seer, want Conrad en Steve is eintlik familie omdat Steve Conrad se oorlede suster

Elana (Ilne Nienaber) se susterskin­ders aangeneem het, en Conrad is hul oom.

“Hy voel Steve het hom in die rug gesteek deur Annelize se leierskap bo syne te kies en weet nie of hy ooit weer vir Steve kan vertrou nie.”

’N SLUWE JAKKALS

Kwaad en gefrustree­rd besluit Conrad hy gaan oorlog teen Annelize verklaar, maar dr. Tertius (Reynardt Hugo) raai Conrad aan om die strydbyl te begrawe. “Tertius sê vir Conrad Annelize is ’n sluwe jakkals en dis eintlik nie die moeite werd om een of ander vendetta teen haar te voer nie.” Dis moeilik vir Conrad om te hoor, maar hy besluit tog om vir eers terug te tree.

En dis weer Conrad se meisie Tracy (Melinda Viljoen) wat Conrad aanraai om die krapperigh­eid tussen hom en Steve te laat staan, want sy kan sien dit het ’n invloed op die kinders. “Maar dis nie so maklik vir Conrad om te vergeet en vergewe nie,” sê Hykie.

Intussen probeer Annelize haar stempel afdruk wanneer sy ’n mynmaatska­ppy kry om operasies by Binneland se susterhosp­itaal Thusanang te borg. Conrad hoor daarvan en werk aan ’n plan om nader aan dié mynmaatska­ppy se bestuur te kom – en dis dalk net hoe hy Binneland by Annelize gaan terugsteel. En sal hy met Steve versoen? “Dis iets wat net Conrad weet,” sê Hykie.

VERLEDE KEER

Brandon het Marissa in ’n ander lig gesien en van haar begin hou, Conrad wou At onttroon en uit die Binneland-kliniek skop, en Karen was moedeloos oor Liam en sy pynpilvers­lawing.

IN DIÉ UITGAWE

Gaby vat Tertius vas oor Zee, Tertius se oordeel word in sy gesig teruggegoo­i, en Tracy besef wat met Ruan en Vicky aan die gang is. Zee konfrontee­r ’n dokter oor sy houding, Louis is bekommerd oor Amalia, en Chanel raai Tertius aan om iets te doen om die moreel in die hospitaal te lig. Ruan wil nie met Steve praat oor Lani – die meisie van wie Ruan hou – nie, Gaby verkeer onder die verkeerde indruk en maak oop teenoor Rian, en Vicky se skokontdek­king lei tot heelwat vrae. Steve skop vas teen een van Annelize se idees, Tracy raai Conrad aan om die ete-uitnodigin­g te aanvaar, en ’n ondersoek gee Zee ’n idee vir die spanbougel­eentheid. Conrad besef hy kan ’n saketransa­ksie tot sy voordeel gebruik, Gaby soek by Karen na ’n antwoord op Uys se vraag, en Ruan is nie beïndruk met Steve se mening nie. Conrad konfrontee­r Annelize oor Jeremy, Lani probeer een van haar geheime wegsteek, en ’n soen het ’n groot impak. Ruan bespreek Lani met Tracy, Gaby soek raad by Rian, Rian probeer by Annelize meer oor iemand uitvind, en Tracy sien wat Ruan op sy foon gesoek het. Rian is nie opgewonde oor Gaby se nuus nie, Danny merk iemand se reaksie op ’n braai-uitnodigin­g op, en Tracy sê vir Conrad sy is bekommerd nadat Vicky haar vertel het wat sy gesien het. Naomi moet slegte nuus oordra, Ruan het ’n openhartig­e gesprek met Tracy, Gaby beraam ’n plan om ’n vriendskap te bewerkstel­lig, en Conrad het goeie nuus vir Tracy.

• Lees meer op ble. 10 en 43.

 ?? ?? Conrad en Steve (inlas) stamp koppe nadat Conrad sy posisie as HUB verloor het.
Conrad en Steve (inlas) stamp koppe nadat Conrad sy posisie as HUB verloor het.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa