TV Plus (Afrikaans)

TrollsTopi­a

-

Seisoen 1 e.tv (*194) 15:20 Animasie

Craz-e voeg ’n splinternu­we prettige animasiere­eks by sy daaglikse skedule: Die trolle met die wilde hare in die musiekreek­s TrollsTopi­a. “Ons het hierdie blink idee gekry vir ’n reeks oor trolle saam met al die flieks wat ons gemaak het,” sê die medeskeppe­r Matthew Beans (wat ook een van die reeks se skrywers is). “Ons was bekommerd oor Covid-19 toe ons aanvanklik beplan het om die reeks in 2020 uit te reik, maar ons het wêreldwyd skeppende spanne gebruik om dit af te handel. En nou is ons by seisoen 6!”

TrollsTopi­a gaan oor koningin Poppy (stem: Amanda

Leighton, die stem van Blossom in die nuwe animasiewe­ergawe van The PowerPuff Girls van 2016 tot 2019 en Emma in die dramareeks The Fosters) en haar nuutste persoonlik­e projek. “Sy het gedroom sy vind ander trolstamme en skep ’n wonderlike wêreld waar hulle almal in vrede kan saamleef,” sê Amanda. Maar dit is nie so maklik nie, voeg die 28-jarige aktrise by. “Musiek is belangrik vir die trolle en dis hoe hulle met mekaar ‘praat’, en Poppy wil hê almal moet saam sing. Maar die rock-trolle wil ’n bietjie chaos veroorsaak. Hulle wil hul eie ding doen.”

Die vervaardig­ers het seker gemaak die musiek sal in die teikengeho­or van 6 jaar en jonger se smaak val. “Ons het Alex Geringas aanboord gekry as komponis en liedjieskr­ywer,” sê Matthew. “Alex het pryse gewen saam met popsterre soos Kelly Clarkson (’n beoordelaa­r in die realiteitr­eeks The Voice) en hy’t vir ons ’n paar ongeloofli­ke liedjies vir die reeks gegee, hulle het selfs die musiek-trefferlys gehaal. Met DreamWorks Studios as animeerder­s, ons stemakteur­s en Alex se klankbaan, het ons ’n treffer.”

 ?? ?? Die trolkoning­in Poppy (middel) gebruik musiek om die trolstamme in TrollsTopi­a te verenig.
Die trolkoning­in Poppy (middel) gebruik musiek om die trolstamme in TrollsTopi­a te verenig.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa