TV Plus (Afrikaans)

Moenie mis nie

-

Woensdag

THE GOOD DOCTOR NUWE SEISOEN

Seisoen 4 Me (*115)

20:30 Episode 1 (drama) 18 Mei

Nuwe uitdagings wag op die outistiese savant-chirurg dr. Murphy wanneer hy ’n pasiënt behandel wat ’n onvoorspel­bare siekte het, en ook iets sien wat die span by die San Jose St Bonaventur­e-hospitaal nog nooit tevore gesien het nie.

THE BLOCK AUSTRALIA

Seisoen 15 M-Net (*101)

18:00 Episode 20 (realiteit) 25 Mei

Die druk raak witwarm onder die spanne in die opknapping­skompetisi­e. Alliansies en vriendskap­pe word gevorm, wanneer ’n nuwe groep deelnemers van vorige seisoene van The Block Australia by die seisoen aansluit en hul teenwoordi­gheid laat geld. En Keith is keelvol vir Jesse se manewales.

Donderdag

CORONER SEISOEN EINDIG

Seisoen 4 Universal TV (*117) 20:00 Episode 12

(aksie) 19 Mei

Daar is in die seisoen se slotepisod­e in twee dele baie op die spel vir Jenny en Peggy wanneer hulle van aangesig tot aangesig kom en die lewe van onskuldige mense moet red. En Donovan moet sy loopbaan heroorweeg wanneer hy teen ’n berugte en gevaarlike plaaslike bendelid te staan kom.

90 DAY FIANCÉ NUWE SEISOEN

Seisoen 9 TLC (*135)

21:00 Episode 1 (realiteit) 26 Mei

Maak gereed vir ’n vars dosis verhouding­sdrama en realiteit wanneer oorsese verloofdes in die nuwe seisoen na Amerika reis om vir die eerste keer saam met hul maats te woon. Elke paartjie het net 90 dae om te besluit of hulle wil trou, of die internasio­nale maat huis toe wil stuur.

Vrydag

KIM’S CONVENIENC­E

Seisoen 4 SABC3 (*193)

18:30 Episode 2 (komedie) 20 Mei

’n Gebarste waterpyp laat die huismaats Jung en Kimchee die wye bose stad in vlug op soek na ’n vriendelik­e bank om op te slaap – en ’n klein misverstan­d laat die bestie-sibbe Jung en Janet mekaar tot breekpunt irriteer met kinderagti­ge gedrag. • Lees meer op bl. 59.

KIDS BAKING CHAMPIONSH­IP NUWE SEISOEN

Seisoen 10 The Food Network (*175) 19:55 Episode 1 (realiteit) 27 Mei

Die aanbieders en beoordelaa­rs Valerie Bertinelli en Duff Goldman verwelkom 12 van die jongste kinderbakk­ers wanneer die deelnemers hul bakvernuf op die proef stel. Hul beloning vir 10 weke se werk? Kontant van $25 000 en ’n artikel in Food Network Magazine.

Saterdag BEYONCÉ & JAY-Z: POWER LOVE SPESIALE PROGRAM

Me (*115) 22:00 (dokkie) 21 Mei

Die wêreld-ikone, megamusiek­sterre, kunstenaar­s en getroude magspaartj­ie Beyoncé Knowles en Jay-Z vertel die verhaal van hul suksesvoll­e loopbane as kunstenaar­s, modemagnat­e, hip-hop-miljardêrs en ouers in hierdie spesiale dokumentêr­e rolprent.

THE DEADLIEST CATCH NUWE SEISOEN

Seisoen 18 Discovery (*121) 20:00 Episode 1

(dokkie) 28 Mei

Kraphengel aan Alaska se kus, die tuiste van die wildste oseane wat jy kan bevaar, is een van die dodelikste take op die planeet. Die hele seisoen duur net vyf dae, maar hierdie avonturier­s waag hul lewe – vir die 18de keer op TV – vir daardie groot betaaldag!

Sondag

TROUKOORS

Seisoen 1 kykNET (*144)

20:00 Episode 4 (komedie) 22 Mei

Luca kry ’n onaangenam­e verrassing wat dinge vir haar nóg moeiliker maak, maar gelukkig kom Stefan tot haar redding en help haar. Abi raak mededingen­d met haar kolwyntjie­s, Jessica sukkel om aan haar span leiding te gee, en die troue van die jaar hang aan ’n draadjie. • Lees meer op bl. 22.

MODERN FAMILY

Seisoen 11 e.tv (*194)

19:30 Episode 17 (komedie) 29 Mei

Dis die tyd wanneer die meeste ouers nie seker is of hulle opgewonde of verpletter­d is nie: Wanneer die Dunphy-kinders gereed maak om die nes te verlaat. En hoewel Claire en Phil sê hulle is bly om hul huis weer vir hulleself te hê, is die trane op die punt om te rol. Gelukkig is Cam en Mitch byderhand om hulle te troos.

Maandag

SURVIVOR’S REMORSE

Seisoen 3 SABC3 (*193)

19:30 Episode 5 (drama) 23 Mei

Missy kry erkenning as ’n mediakonsu­ltant en moet die gevolge hanteer van ’n omstrede besluit by ’n fotosessie vir Cam wat ’n aaklige nasleep het, en Chen en Cassie probeer die kloof in hul langafstan­d-verhouding met die hulp van moderne tegnologie verminder, maar dis moeilik!

VOETSPORE ZAMBEZI

Seisoen 11 SABC2 (*192)

19:30 Episode 9 (leefstyl) 30 Mei

Johan en sy span reis na die Mana Pools Nasionale Park in Zimbabwe en verlustig hulle in die oorvloed wild: Leeus, wildehonde, luiperds, hiënas, elande, kameelperd­e, rooibokke, koedoes – om nie eers te praat van die olifante en oorvloedig­e voëllewe nie.

Dinsdag THE ENGINEERIN­G THAT BUILT THE WORLD NUWE REEKS

Seisoen 1 History (*186)

20:15 Episode 1 (dokkie) 24 May

Ons het hulle gesien en ken hulle as ikoniese mega-strukture want hulle het die wêreld verander. Vind nou uit hoe hulle gebou is, hoe die ingenieurs die nywerheid moes herskep en hoekom hulle so belangrik is.

LANDBOUWEE­KLIKS

Seisoen 17 VIA (*147) 17:30 Episode 8 (leefstyl) 31 Mei

In hierdie spesiale episode reis Pietman Geldenhuys, mede-aanbieder van Landbouwee­kliks, na Standerton in Mpumalanga waar hy by boer Edzard Bierman kuier, wat hom meer van sy gemengde boerdery van sojabone, mielies en beeste vertel. • Lees meer op bl. 15.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa