TV Plus (Afrikaans)

Die dokter kan jou sien

Hier is van die beste hospitaal-dramas om jou bloeddruk op te jaag!

-

Hospitaal-dramas is ’n voorskrif vir pure vermaak. Of dit nou gaan oor die verhouding tussen dokters, verpleegst­ers en hul pasiënte, die ingewikkel­de gevalle, die spannende of dramatiese operasies en daardie sappige persoonlik­e drama en skandale agter die skerms. Dis alles se verslawend. Showmax het nou die medikasie vir al jou kykbehoeft­es . . .

BINNELANDE­RS

Skindersto­ries versprei soos ’n veldbrand en drama is altyd net om die draai in die gange van die Binneland-kliniek in die sepie Binnelande­rs. At Koster (Hans Strydom) regeer die hospitaal met ’n ysterhand, en daar is niks belangrike­r vir hom as sy hospitaal en sy familie nie. Hy sal hemel en aarde beweeg om dié twee te beskerm, en hy hou nie by die wet nie (maar hou sy hande skoon) om dit te verseker nie.

Die Binneland-kliniek is een van die toonaangew­endste privaat hospitale in Pretoria, om dus die hospitaal winsgewend te maak en net die beste dokters, chirurge en verpleegst­ers vir sy personeel aan te stel, geniet voorkeur.

Maar alles verloop nie altyd glad nie, selfs al het jy die beste span . . . Vyande vind altyd ’n manier om in te glip en skaad die hospitaal se reputasie, of erger, stel pasiënte in gevaar. Jy kan al 10 seisoene tot dusver stroom om in te haal met die huidige DStv-uitsending (lees meer op ble. 28, 29, 43).

Redakteurs­nota: Dis lekker om weer na die heel eerste episodes van Binnelande­rs te kyk! Binnelande­rs is deur die jare deur baie veranderin­ge – selfs die naam! – en dis soos om ’n bekende kombers om jou te vou om terug te loer na die eerste seisoen. Probeer dit en kyk hoeveel jy onthou!

 ?? ?? Daar is volop drama in die gange van die Binneland-kliniek.
Daar is volop drama in die gange van die Binneland-kliniek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa