TV Plus (Afrikaans)

Spin vir my ’n storie

Haal die angel uit terug-skool-toe met DStv se reekse vir kinders van alle ouderdomme.

-

Gespanne kinders wat onder druk is? Dis tyd vir ’n bederfie. Jou kleinspan kan hierdie maand en volgende maand uitsien na avonture, nuwe vriende en nuwe idees op DStv. Enigiemand kan ’n held wees en ’n storie vertel, van die oulikste spinnekopp­ie ter wêreld tot ’n TV-behepte seester, ’n avontuurlu­stige kat, twee kinders wie se bestie ’n sneeumonst­er is, en tieners wat hul eie grafiese romans en speletjiek­anale op YouTube wil skep. En daar is lessies vir alle ouerdomme en stadiums.

Lees verder vir meer oor hierdie komende reekse en ’n lys van ander programme wat nou op DStv-skerms begin, insluitend­e reekse met splinternu­we episodes wat hul storie voortsit. En onthou, jou kinders kan dalk van hul gunsteling-karakters ontmoet wanneer hulle speel en leer met DStv Island Adventures, gratis aan alle ouers via die MyDStv- app.

LUCAS THE SPIDER

Die animeerder Joshua Slice se oulike YouTube-karakter, Lucas die springende spinnekop, het nou sy eie TV-reeks met ’n paar nuwe vriende wat saam met hom op sy avonture gaan. Die reeks is toegespits op allerbelan­grike maatskapli­ke lesse – met nadruk op deernis en empatie – maar dit help ook sy jong gehoor om nie so bang te wees vir spinnekopp­e en ander kruipende insekte wat hulle in hul tuiste kan raakloop nie. En omdat dit alles in ’n gewone mensgroott­e huis afspeel, is daar die bekoring van gewone alledaagse plekke en voorwerpe uit die oogpunt van die spinnekopp­ie wat kan rondspring van die vloer na die tafel, die muur en plafon, en in die dag en nag in die huis rondkruip. Dit is geskik vir kinders van drie jaar en ouer.

• Kyk Lucas The Spider seisoen 1, Maandae om 07:15 op Boomerang (*302).

 ?? ?? Lucas die springende spinnekop leer kinders waardevoll­e lesse en om nie bang te wees nie.
Lucas die springende spinnekop leer kinders waardevoll­e lesse en om nie bang te wees nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa