TV Plus (Afrikaans)

Tuis by die boere

Pietman Geldenhuys skuur skouers met die boere in die nuwe seisoen van Landbouwee­kliks.

-

Landbouwee­kliks

Seisoen 17 Dinsdae VIA (*147) 17:30

“Ek kon nie glo so iets het oor my pad gekom nie,” sê die TVpersoonl­ikheid, storievert­eller en sanger Pietman Geldenhuys oor die dag toe sy agent hom bel om te sê hy is een van die drie nuwe aanbieders van Landbouwee­kliks (die akteurs Theodore Jantjies en Vicky Davis is die ander twee). “Ek het nog altyd in die landbou belanggest­el en het self klasgedraf by ’n landbousko­ol in die

Boland,” sê Pietman. En nou kry hy die geleenthei­d om kennis te maak met ware boere en meer te leer oor die belangrikh­eid van die landbou vir die ekonomie.

’N SUKSESVOLL­E PROGRAM

Om die mede-aanbieder te wees van ’n program wat reeds met 17 seisoene spog, is nie sommer niks nie. “Ek is dalk ’n groentjie wanneer dit by aanbieding kom, maar ek dink die reeks se sukses het grootliks te doen met hoe hard die produksies­pan werk,” sê Pietman. “Hul waagmoed, passie en deursettin­gsvermoë is besonders en hulle laat dinge werk, kom wat wil.”

Pietman het al twee episodes verfilm: Een op ’n mangoplaas, Cape Mango by Clanwillia­m (episode 4, 3 Mei uitgesaai), en een op ’n gemengde boerdery in Standerton (episode 8, 31 Mei). “Ek was verstom deur wat boer Bernie van den Heever verrig op die Cape Mango-plaas. Mango’s is my gunsteling-vrug en ek het so opgewonde geraak daaroor dat ek sommer my eie plaas wou begin, maar my vrou het die idee vinnig hokgeslaan,” skerts Pietman.

Die plaas by Standerton was vir hom ’n blits-leerskool oor boerdery. “Daar word met alles geboer, van sojabone en mielies tot beeste. Dis werklik fassineren­d en my oë het weer oopgegaan vir die harde werk en toewyding wat elke boer in sy besigheid sit en die groot verskil wat boere aan die omgewing en ekonomie maak. Persoonlik voel dit vir my asof ek op ’n Disneyland-avontuur is elke keer wanneer ek op ’n ander plaas aankom om ’n episode te verfilm.”

STORIEMAN

Behalwe vir sy boerdery-avonture, is Pietman se ander groot passie om stories te vertel, soos hy doen in kykNET se reeks Oppiestoep, waar hy en sy medeaanbie­der Lyntjie Jaars saam met bekende gaste kuier en grappige staaltjies vertel. “Die reeks lê my baie na aan die hart en ek kan bevestig ons werk reeds aan die sesde seisoen wat einde Mei verfilm word,” sê Pietman. ’n Bekende wat al op Oppiestoep gekuier het, is die ikoniese TV-aanbieder

Johan Stemmet van die musiekspel­etjieprogr­am Noot Vir Noot. Maar wie is Pietman se gunsteling? “Dis moeilik om iemand uit te wys, maar ek het ’n sagte plekkie vir Andries

Vermeulen (wat seisoen 1-3 van Oppiestoep saam met Pietman aangebied het).” Andries werk tans in Pretoria as pastoor en was een van die spesiale gaste in seisoen 5 (tans op Showmax beskikbaar).

LIEDJIEMAN

Pietman is ’n sout-van- die-aarde-mens met ’n groot liefde vir die Karoo. “Ek en my gesin het vir ons ’n stukkie grond in die Karoo gekoop waar ons ’n vakansiehu­is gebou het, en daar is niks lekkerder vir my as om in die Karoo te gaan stap saam met my vrou en honde nie. Die omgewing praat met my siel,” sê Pietman wie se nuutste enkelsnit, Mesmeraai, oor die Karoo gaan. “Spesifiek die Tankwa-karoo,” brei Pietman uit. “Dit behoort einde Junie op al die platforms vrygestel te word saam met vyf ander liedere ook oor die Karoo.”

‘Die Karoo praat met my siel’

 ?? ?? Pietman Geldenhuys is net so lief vir die aarde soos boere.
Pietman Geldenhuys is net so lief vir die aarde soos boere.
 ?? ?? Pietman (links) saam met Bernie van der Heever, ’n mangoboer by Clanwillia­m.
Pietman (links) saam met Bernie van der Heever, ’n mangoboer by Clanwillia­m.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa