TV Plus (Afrikaans)

Altyd 100% Schalk

Die akteur en komediant Schalk Bezuidenho­ut gesels oor die liefde, sy suksesvoll­e loopbaan en daai ooms en tannies wat niks van hom hou nie.

-

Op My Eish!

Seisoen 2 Donderdae kykNET (*144) 20:00

Met sy krullebos, snor, eiesoortig­e uitrusting­s en snaakse sin vir humor is Schalk Bezuidenho­ut (30) iemand wat nie sommer misgekyk kan word nie. Dit voel in elk geval of hy oral te sien is: op TV, in films, advertensi­es en die sosiale media.

En of jy nou van hom hou of nie, die komediant en vermaaklik­heidster weet hoe om ’n indruk te maak.

Tans is Schalk te sien as die wingman vir die vrygeselak­teur

Francois Jacobs (Sampie de

Klerk in die fliek Vir Die

Voëls) in die realiteits­reeks

Op My Eish! waarin Francois soek na ’n pasmaat. Schalk sê daar kom nog baie sappige beplande én onbeplande verassings en Schalk hoop saam met ons Francios kry sy lewensmaat in die reeks – want Schalk glo ook aan die liefde en sommer ook dié maatsoekpr­oses.

DIE BUBBLE- EFFEK

Daar is geen twyfel liefdesoek­reekse soos Op My Eish!, Boer Soek ’n Vrou en selfs The Bachelor is uiters gewild nie, maar soms wonder ons hoe die deelnemers dit werklik ervaar. Skep só ’n reeks nie ’n onrealisti­ese illusie sonder inmenging van die buitewêrel­d wat onvolhouba­ar is nie? “Ek dink dit kan verseker gebeur,” sê Schalk. “Jy bevind jou in die tipe paradys-omgewing, soos wat die dames en Francois tans in Nelspruit is waar jy op ’n maand lange vakansie is en hopelik aan die einde daarvan liefde vind,” sê hy. “Jy is afgesny van die wêreld, dis net die ander deelnemers en die produksies­pan om jou en dís die werklikhei­d waarbinne jy leef. Wanneer jy daaruit beweeg as jy die gelukkige dame is wat die vrygesel se hart gewen het, kan ek glo dit gaan moeilik wees om wat jy in die bubble gevind het buite daardie bubble te kry.”

NET OM DIE DRAAI

Schalk dink die grooste fout wat mense in die maatsoekpr­oses maak, is om te dink jou perfekte ander helfte is net om die draai. “Die persoon wat jy dalk tans

date is 99% perfek vir jou, maar jy is geworriedo­or wat anders daar is. En dan mis jy eintlik wat voor jou oë is, want jy soek daardie 100%,” sê Schalk.

In Op My Eish! sien Schalk watter stryd dit vir Francois is om elke week ’n dame huis toe te stuur. “Dis ’n moeilike ding om iemand teleur te stel en met tye raak dinge emosioneel, veral vir Francois,” sê Schalk. Indien Schalk in Francois se skoene was, dink Schalk hy sou net so gesukkel het om iemand die deur te wys. “Maar ek dink as ek die vrygesel was, sou ek steun op my sterk punte om vir myself ’n nooi te kry, en dis my vermoë om haar te laat lag met my skerp sin vir humor, my respekvoll­e natuur en my gentlemanm­aniere,” sê Schalk.

SCHALK EN MICA

Gelukkig hoef Schalk nie in te skryf om die vrygesel op die toekomstig­e seisoen

van Op My Eish! te wees nie, want hy staan op trou. “As alles mooi uitwerk en die pandemie nie weer te ernstig raak met ’n volgende vlaag nie, gaan ek en my verloofde, Mica (29), in Desember afhaak,” sê Schalk. Mica is nes Schalk in die vermaaklik­heidsbedry­f, maar sy werk agter die skerms in die kuns- en rekwisiete departemen­t.

Schalk sê die sleutel tot hul suksesvoll­e verhouding is hulle is albei onafhankli­k. “My werk verg baie van my en met tye is ek weke, selfs maande, weg,” sê Schalk. “Mica verstaan die bedryf waarin ek werk en wat van my verwag word. Jaloesie is nie in haar DNS nie, dus was sy nie veel gepla of my oog sou dwaal terwyl ons aan Op My Eish! met Francois geskiet het nie. Sy vertrou my en ek haar; ek soek nie iemand wat my micromanag­e nie. Mica doen dit nie en daarvoor is ek dankbaar.”

OOMS EN TANNIES

Komedie is Schalk se brood en botter en hy is op sy gemaklikst­e op die verhoog in sy komediant-skoene.

“Wie ek op die verhoog is, is wie ek by die huis is, maar die volume is net ’n bietjie opgedraai,” sê Schalk. Daar is van die meer konserwati­ewe Afrikaansp­rekende ooms en tannies wat dink Schalk se komedie-optredes neig om kras te wees met vloekwoord­e wat ruim gebruik word. Schalk weet dit, maar dit traak hom nie veel nie. “Kyk, ek sal graag wil hê almal moet van my hou en na my shows kom kyk, maar dis nie almal se smaak nie en uiteindeli­k wil ek die soort komedie doen wat ek wil doen. My komedie, voel ek, is aan die alternatie­we kant en sal nooit perfek in die middel wees waar ek almal please nie. Elke komediant vind hul gehoor en dis jou verantwoor­delikheid om daardie gehoor uit te brei. Ek kan nie net verander omdat ’n sekere groep mense nie van my hou nie. Dan gee ek ’n vanilla

show – en wat is die punt daarvan?”

NEGATIEWE KOMMENTAAR

So gepraat van die gehoor: Schalk se ouers Greta en Schalk sr. is gereeld by sy optredes. “Hulle is baie trots op my en my loopbaan. Baie keer – veral wanneer ek weet hulle sit in die gehoor – skeer e ek lekker gek met hulle of raak so ’n bietjie ekstra kras om juis reaksie uit hulle te lok,” sê Schalk. Op skool, aan die Hoërskool Jeugland in Kempton Park, waar Schalk se pa ook die adjunkhoof was, was Schalk net so lief vir die kunste. Hy het floreer in verskeie v toneelstuk­ke en het sy eie “radioprogr­am” gehad waartydens h hy een keer per maand op die skool se aantreebla­d grappies vertel het, skindernuu­s gedeel het v van paartjies wat mekaar s se harte gebreek het, of selfs net gek geskeer het met die rugbyspan. “Die dag toe ek vir my ouers sê ek wil drama studeer, was veral my ma bekommerd, want sy het gedink ek gaan platsak wees en sukkel om werk te kry. My pa aan die ander kant was weer rustig en het gesê hy sal my ondersteun in wat ookal ek doen – wat die wêreld vir my beteken het.”

Negatiewe kommentaar is iets wat Schalk nie kan vermy nie – veral op die sosiale media. “Nou met Op My Eish! sal ek baie comments kry. Sommiges baie p positief en ander weer negatief wat my sommer persoonlik slegsê, maar dit kry my nie onder nie.”

Ma Greta moes ook leer om die aanlyn kommentaar nie te ernstig op te neem nie. “Aan die begin van my loopbaan wou sy sommer almal aanlyn aanvat en vir my opstaan, maar mettertyd het sy dit ook laat staan, want sy weet wie ek is. En dis nie nodig om tot op hul vlak te daal nie.”

GESOND IN GEES EN LIGGAAM

Einde April het Schalk sy 30ste verjaardag in Paternoste­r in die Kaap met ’n groot makietie gevier en hy sê soos die jare aanstap, besef hy al hoe meer hoe belangrik dit is om fisiek en geestelik na jouself te kyk. “Ek probeer elke dag gaan draf, ten minste vir ’n uur en sonder my foon. Ek fokus dan net op die ritme van my voete soos dit die teer tref en my aandag word nie afgetrek deur boodskappe of oproepe nie.”

Tydens ’n onderhoud vanjaar op die akteur

Bouwer Bosch se leefstylpr­ogam My Berge Met Bouwer op die kanaal VIA (*147) het Schalk erken hy het al by ’n sielkundig­e aangeklop vir hulp.

“Ek het daar geleer om na myself te luister en dat jy moet uitreik na iemand – of dit ’n vriend, ouer of sielkundig­e is – as jy voel jy verdrink. Daar is soveel druk daar buite en jy moet na jou geestesges­ondheid kyk, anders gáán jy verdrink.” Hy is nederig oor sy sukses. “Dis wonderlik en ek kan net dankie sê vir die span agter my: Van my agent, tot Mica, tot my ouers. As dit nie vir hulle was nie, sou ek nie vandag kon staan waar ek nou is nie.”

 ?? ?? Schalk (middel) saam met sy ouers Greta (links) en Schalk sr. (regs). Schalk in die nuutste We Buy Cars-advertensi­e oor die petrolprys laat mense skaterlag.
Schalk (middel) saam met sy ouers Greta (links) en Schalk sr. (regs). Schalk in die nuutste We Buy Cars-advertensi­e oor die petrolprys laat mense skaterlag.
 ?? ??
 ?? ?? Schalk Bezuidenho­ut se naam is deesdae op almal se lippe.
Schalk Bezuidenho­ut se naam is deesdae op almal se lippe.
 ?? ?? Schalk (links) en sy verloofde, Mica, is gereed om na die kansel te stap.
Schalk (links) en sy verloofde, Mica, is gereed om na die kansel te stap.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa