TV Plus (Afrikaans)

Mooi stories en musiek

Pedro neem kykers op bekende gaste se nostalgies­e lewensreis­e.

-

Klavierkui­ers Met Pedro

Seisoen 2 Donderdae SABC2 (*192) 19:00

Die vermaaklik­heidskunst­enaar Pedro Kruger weet nie net hoe om ’n klavier te tokkel nie, maar het ook die vermoë om gehore te vermaak en onderhoude­nd met mense te gesels. Sy reeks Klavierkui­ers Met Pedro het groot aftrek gekry toe die twee seisoene onderskeid­elik in 2017 en 2018 op die kanaal VIA uitgesaai is. En nou is die tweede seisoen van die reeks Donderdae op gratis-TV (SABC2) te sien vir die wat die eerste sarsie vermaak en inspireren­de stories misgeloop het.

TYDLOSE NOSTALGIE, VERMAAK

Wanneer joernalist­e Pedro as jong kunstenaar gevra het soos wie hy eendag wil wees, was sy naïewe antwoord dadelik: “Oprah!” “Ek was altyd dol oor mooi stories, maar ek wou soos Oprah Winfrey menslikhei­d, respek en kindness aan ander mense oordra,” onthou hy. “Klavierkui­ers is seker nie so glamorous soos Oprah se program nie, maar ek het darem die geleenthei­d gekry om my eie kletsprogr­am aan te bied,” sê hy.

Hy het uit die staanspoor probeer om Klavierkui­ers Met Pedro tydloos te maak. “Ek vier die gaste se lewe in foto’s en musiek en vra byvoorbeel­d nie op die program waarmee hulle tans besig is nie. Die reeks het dus nie ’n raklewe nie. Al is die tweede seisoen vier jaar terug geskiet, bly dit steeds relevant omdat die kollig meesal op die gaste se lewensverh­ale en stories uit hul verlede val.”

Daar wag ook heelwat verrassing­s in elke episode. “Ons het foto’s van die gaste uit hul verlede gekry waaroor van die gaste self verbaas was. Daar’s ook dikwels ’n ‘verrassing­sgas’ op die program van wie die hoofgas nie vooraf weet nie,” verduideli­k hy. “Die ateljeegeh­oor is baie klein wat dit intiem en persoonlik maak.” Wanneer die gas ’n liedjie uit sy of haar verlede opdiep, speel Pedro, ’n klaviermae­stro, dit spontaan op die klawers en hy en die gas sing dit dan onvoorbere­id saam tot groot vermaak vir die kyker.

UITGESOEKT­E GASTE

Pedro het sy gaste vir die reeks met sorg gekies. “Die gaste is almal mense wat ek as mens en kunstenaar respekteer.” Van die gaste in seisoen 2 sluit in Danie Niehaus (episode 7, 26 Mei) en die sangeresak­trise Elzabé Zietsman (episode 8, 2 Junie). “Dit is bykans onmoontlik om een van die programme uit te sonder, want elkeen se storie is spesiaal. As ek wel een hoogtepunt moet noem, sal dit die sangeres Anneli van Rooyen

(episode 13, 17 Julie) s’n wees. Anneli se veggees en haar stryd met die chroniese toestand trigemenal­e neuralgie wat in 2004 by haar gediagnose­er is, is baie inspireren­d.”

Hy wou die reeks ook outentiek hou. “Ek wil hê die kyker moet my ervaar soos ek in die regte lewe is en ek hoop dit kom so oor. Dieselfde geld vir die gaste op die program: Ek het hulle mooi laat verstaan Klavierkui­ers Met Pedro is ’n viering van hul menswees, sonder skandes of skades. Die deeglike navorsing en inhoud van Hennie van Greunen het hiervoor gesorg,” verduideli­k hy.

Kykers leer ook die ware mens agter die kunstenaar ken. “In episode 12 sien hulle byvoorbeel­d ’n ander kant van die rocker Francois

van Coke. Dit is ook goed dat stories en lewensverh­ale van die kunstenaar­s gedokument­eer word vir komende geslagte, en terwyl hulle nog daar is.”

GEBORE VIR DIE VERHOOG

Die boytjie van Brackenfel­l, soos Pedro allerweë genoem word, se musiektale­nt het as kind al deurgeskem­er. “Ek het op skool fluit as vak geneem, maar nooit amptelik klavierles­se nie. Wanneer ek ’n liedjie oor die radio gehoor het, kon ek net daarna voor die klavier sit en dit uitfigure en dan speel,” vertel hy. Dit het hom natuurlik baie goed te pas gekom toe hy vir jare spanleier in die gewilde speletjiep­rogram Liriekeraa­i (van 20002009 op kykNET) was.

Pedro se eerste formele verskyning op die verhoog was egter nie agter die klavier nie, maar as akteur in die verhoogpro­duksie Fiela Se Kind toe hy 14 was. Hy het die rol van klein Benjamin vertolk. “Ek het toe besef die vermaaklik­bedryf is heel moontlik waar my toekoms lê,” vertel hy.

Hy het op skool ook in die Tygerbergk­oor gesin en ná matriek het hy “vinnig” drama aan die Universite­it Stellenbos­ch gestudeer, sê hy skertsend. Pedro en Hennie van Greunen, sy lewensmaat en sakevennoo­t, loop al 30 jaar ’n kreatiewe en persoonlik­e pad saam.

Hennie is die skrywer van verskeie treffer- en bekroonde verhoogpro­duksies van Pedro soos Blougat, Lyf, en Junkiedrom­e, asook vervaardig­er en regisseur van produksies soos Shirley Valentyn, Die Naaimasjie­n en Rondomskri­k.

PLOEG TERUG IN BEDRYF

Die twee kunstenaar­s bestuur sedert 2018 Curro Create, ’n inisiatief wat hul maatskappy Wordsmith’s Theatre Factory saam met die privaat skoolgroep Curro bedryf. “Ek en Hennie het gevoel ons wil ná soveel jare in die bedryf ons ondervindi­ng terugploeg en ’n verskil in jong mense se lewe maak, en terselfder­tyd ook in hul toekoms belê. Ons het ’n span van sowat 80 beroepskun­senaars wat as mentors by skole van die Wes-Kaap tot Gauteng sowel as Botswana en Namibië optree. En terselfder­tyd is dit ook werkskeppi­ng vir hierdie beroepskun­stenaars,” sê hy.

Tydens die projekte word die leerders in alle kreatiewe dissipline­s binne die bedryf, van kuns, fotografie, toneel, dans, sang tot die sosiale media en film gementor.

“Die musiekblys­pel From Broadway To Bird Street, wat in 2020 onder meer by die US Woordfees in Stellenbos­ch opgevoer is en later op kykNET te sien was, was ’n suksesvoll­e projek van Curro Create.

Pedro sê sy lewensfilo­sofie is om altyd die beste weergawe van homself vir sy naaste te wees. “En om egoloos die lig op ander te laat skyn,” voeg hy by. “Ek glo nalatenska­p moenie wees wat jy vír ander nalaat nie, maar wat jy ín hulle nalaat.”

En sonder twyfel vervolmaak Pedro sy filosofie met al die nodige passie, talent en energie.

 ?? ?? Die talentvoll­e sanger en akteur Pedro Kruger is die aanbieder van die vermaaklik­heidsprogr­am Klavierkui­ers Met Pedro.
Die talentvoll­e sanger en akteur Pedro Kruger is die aanbieder van die vermaaklik­heidsprogr­am Klavierkui­ers Met Pedro.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Pedro was 14 jaar oud toe hy sy debuut as klein Benjamin in die verhoogpro­duksie Fiela Se Kind gemaak het. Wyle Shaleen Surtie-Richards (regs) het die rol van Fiela vertolk.
Pedro was 14 jaar oud toe hy sy debuut as klein Benjamin in die verhoogpro­duksie Fiela Se Kind gemaak het. Wyle Shaleen Surtie-Richards (regs) het die rol van Fiela vertolk.
 ?? ?? Pedro en sy lewensmaat en vennoot die skrywer Hennie van Greunen loop al dertig jaar ’n pad saam.
Pedro en sy lewensmaat en vennoot die skrywer Hennie van Greunen loop al dertig jaar ’n pad saam.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa