TV Plus (Afrikaans)

Strangest Things

-

Seisoen 1 History (*186) 19:25 Dokkie

TV-programme en flieks skep magiese en mistieke voorwerpe om stories oor te dra. Maar wat as sulke voorwerpe werklik bestaan? Corey Johnson (Chairman Burrell in die spioen-dramareeks Deep State) is die verteller van Strangest Things en verken ongeloofli­ke voorwerpe wat reg oor die wêreld ontdek is. “Hulle is onbeskryfl­ik. Daar’s iets omtrent dié voorwerpe wat kenners in hul veld dronkslaan, hulle sukkel om te verduideli­k wat hulle ontdek het,” sê Corey.

In episode 1 ondersoek argeoloë en mineraalpr­ofessore ’n skarabee-gelukbring­er versier met juwele wat in 1922 deur die ontdekker Howard Carter in die Egiptiese seunsfarao Toetankame­n se grafkelder gevind is. “Dis merkwaardi­g,” sê Corey, en voeg by “dié heilige kewer is nie net van goud gemaak nie – dit bevat ’n meteoriet wat honderddui­sende jare oud is. Hoe het die antieke Egiptenare dié gesteente verstaan en waarom het hulle dit in dié heilige juweliersw­are gebruik?” Daar is ook inskripsie­s op ander voorwerpe in die grafkelder wat in geen bekende taal is nie. Waar het dit dus vandaan gekom?

Die dokkiereek­s is nie net tot die antieke wêreld beperk nie – daar is meer onlangse ontdekking­s soos ’n ysterhand uit die Middeleeue en die raaiselagt­ige koderingsm­asjien uit die Tweede Wêreld-oorlog wat ’n mens nie sonder die korrekte masjiene kan ontsyfer nie. “Wanneer ’n mens na dié voorwerpe kyk, besef jy hulle was ver voor hul tyd in die geskiedeni­s,” sê Corey. Hy verklap sy gunsteling-voorwerp in Strangest Thing is die Romeinse dodekaëder­s in episode 2. “Dis 12-vlakkige koperalloo­i-voorwerpe met ’n hol binnekant. Ons het meer as 116 daarvan van Spanje tot Holland en Engeland gevind, vreemd genoeg nie in Rome nie. Ons weet nie wat hulle doen nie; waarvoor dit gebruik word nie. Maar hulle is so koel!”

 ?? ?? Seisoen 1 History (*186) 19:25 Dokkie (sien langsaan)
Waaroor gaan dit? Die verteller Corey Johnson (inlas) is behep met die Romeinse dodekaëder­s (hooffoto).
Seisoen 1 History (*186) 19:25 Dokkie (sien langsaan) Waaroor gaan dit? Die verteller Corey Johnson (inlas) is behep met die Romeinse dodekaëder­s (hooffoto).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa