TV Plus (Afrikaans)

In mokumentêr­e styl!

Is jy lus vir lag met ’n klein bietjie drama bygemeng? Showmax het vyf groot mokumentêr­e reekse wat satire tot die hoogste vlak voer.

-

Is jy moeg van die lewe se stres? Satire is jou oplossing op die stroomplat­form Showmax met hul keuse van vyf mokumentêr­e programme wat jou sal laat snorklag. Vanaf eienaardig­e vampiere tot musikante wat teëspoed ervaar en die verstrooid­e Tali wat ’n troue en moederskap aanpak, mokumentêr­e reekse is die beste ding om nou te kyk. En begin sommer plaaslik . . .

HOTEL SEISOEN 1-5

Dié Afrikaanse reeks speel af in die fiktiewe Fransen-hotel, en niks is soos dit lyk nie – veral die eksentriek­e huishoudst­er wat alles in die hotel doen – sy’s ’n vrou van twaalf ambagte en slaag in die meeste daarvan.

Die bestuurder Ferdie (James Borthwick, Leonid Brezhnev in die Britse periodedra­mareeks The Crown) is ’n rustige baas en hoewel hy wil hê die hotel moet floreer, laat hy die personeel die vuilwerk doen terwyl hy agteroorsi­t en die geld tel. In seisoen 1 word Die Fransen verkoop aan die Lourier-hotelgroep en Thomas (Beer Adriaanse, aanbieder van die Afrikaanse speletjies­program Slim Vang Sy Baas) word vanaf die hoofkantoo­r gestuur om die oorgang te monitor. Thomas word gou ’n heeltydse werker by die hotel, en hy het ’n aan-af-verhouding met die bekkige ontvangsda­me Jony (Simoné Pretorius, Krizanda in die dramareeks Swartwater).

Moenie die spesiale onderhoude met die portier Danny (die komediant Schalk Bezuidenho­ut), die kelnerin Malanie (Mila Guy, Zee in Binnelande­rs, lees meer op ble. 28, 29 en 43) en die wildopsigt­er Brenda (Martelize Kolver, Liefie in die sepie 7de Laan, lees meer op ble. 30 en 31) waarin hulle meer vertel van die verfilming van Hotel misloop nie.

 ?? ?? Die personeel van die Fransen-hotel verwelkom jou in mokumentêr­e hemel.
Die personeel van die Fransen-hotel verwelkom jou in mokumentêr­e hemel.
 ?? ?? Die komediant en akteur Schalk Bezuidenho­ut is een van Hotel se sterre wat agter-dieskerms-onderhoude slegs op Showmax doen.
Die komediant en akteur Schalk Bezuidenho­ut is een van Hotel se sterre wat agter-dieskerms-onderhoude slegs op Showmax doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa