TV Plus (Afrikaans)

Hou die tyd vas

Kom laat ons Clare en Henry se tydlyn in die romantiese dramareeks The Time Traveler’s Wife ontrafel.

-

Steven Moffat is een van die uitvoerend­e vervaardig­ers van die splinternu­we dramareeks The Time Traveler’s Wife, Maandae op M-Net (*101) om 21:30 (lees meer op bl. 51). Dié romantiese fantasiere­eks is gegrond op Audrey Niffenegge­r se 2003-roman oor ’n lewenslang­e liefde wat deur tydreise gekomplise­er word, en Steven het saam met sy eie lewenslang­e liefde aan die reeks gewerk – sy vrou van 20 jaar, Sue Vertue, wie se projekte die Sherlockre­eks, die romkomreek­s Coupling, en die komedieree­ks Mr Bean insluit.

Steven is bedrewe daarin om met tyd rond te speel – dit was sy werk as skrywer van die BBC se jare lange sci-fi-reeks Doctor Who. Audrey se boek was selfs die inspirasie vir een van sy Doctor Whostoriel­yne. “Ek het die boek gelees en was dol daaroor. Al wat ek in Doctor Who gedoen het, was die gebruik van die element van ’n verhouding buite die normale orde (in The Girl In The Fireplace-episode tydens 2010 se Eleventh Doctor-storielyn),” vertel hy. Wat Steven na hierdie storie gelok het, was nie soseer die tydkinkels nie, maar die geleenthei­d om oor ’n gelukkige verhouding te skryf. “Audrey het die detail geneem van ’n gelukkige, suksesvoll­e, monogame en wedersyds bevredigen­de verhouding en dit interessan­t gemaak deur tydreis by te voeg. Dis vreemd hoe selde iemand daaroor skryf,” sê hy.

Die storie word buite volgorde vertel, so dit help om te weet waar in tyd die duifies Clare Abshire (Rose Leslie, Ygritte in die fantasiere­eks Game Of Thrones) en die tydreisige­r Henry de Tamble (Theo James, Sidney Parker in die periodedra­mareeks Sanditon) ontmoet.

TYDVERWRIN­GING

Die reeks speel met die tydlyn van gebeure en eras waarin dinge gebeur om die getal akteurs te beperk wat Henry en Clare speel. Rose (35) speel Clare op die ouderdom 16-35, en Theo (37) speel Henry op die ouderdom 26-43.

“Ek’s 37 en ek speel Henry as ’n impulsiewe, jong, verwaande man in sy middel tot laat 20’s. En ek speel ook ’n weergawe van hom in sy vroeë tot middel 40’s. Dis lekker om tussenin te wees, want ek’s jonk genoeg om my eie dwaasheid te onthou, my foute, die astranthei­d en dom impulsiewe besluite. En ek is oud genoeg om ’n besef te hê van ’n meer gevestigde lewe, en hopelik meer volwasse en bedagsaam in my optrede te wees,” sê Theo.

KORT SAMEVATTIN­G

Henry reis in tyd op ouderdom 5, 6, 8, 15, 19, 24, 27, 28, 30, 31, 32, 33, 35, 36, 38, 39, 40, 41, en 43.

Henry en Clare ontmoet mekaar op die volgende ouderdomme voordat hulle amptelik saamkom

Clare 6-Henry 36; Clare 6-Henry 35; Clare 10-Henry 41; Clare 12-Henry 36; Clare 13-Henry 35; Clare 15-Henry 38; Clare 16-Henry 32; Clare 17-Henry 36; Clare 17-Henry 40; Clare 18-Henry 41.

Clare en Henry se tydlyn kom saam wanneer hy 26 jaar oud is en sy 20.

ONTMOET ‘DIE KINDERSKIN­DERS’

HENRY, 5-9 JAAR OUD Jason David ( jong Dan ni Stevens in die sci-fireeks For All Mankind) speel Henry op 8 jaar.

Henry reis die heel eerste keer deur tyd d op sy vyfde verjaard dag. Tydens daardie reis ontmoet t t hyh onwetend sy 24-jarige self vir die eerste keer.

Hy is 9 jaar oud wanneer hy die 27-jarige weergawe van homself ontmoet. Die ouer Henry stel homself dan vir die eerste keer behoorlik bekend en erken wie hy is.

HENRY, 15-19 JAAR O OU Brian Altemus (Luke in die dramareeks Grand Army) speel Henry op die ouderdom 15-24 jaar.

Die 15-jarige Henr ry reis ’n paar maand de terug om sy effens jonger (maar steeds 15 jaar oud) te vertel hulle kan nie tyd verander nie. Dan word die 19-jarige Henry byna vir huisbraak gevang. Hy moet misdadige vaardighed­e ontwikkel, want hoewel hy fisiek deur tyd kan reis, kan hy niks met hom saamvat wat nie deel van sy lyf is nie.

CLARE, 6 JAAR OUD Everleigh McDonnel l (Jane Boland in die dramediere­eks

Good Girls) speel Clare op die ouderdom van 6-8.

Clare is 6 jaar oud wanneer sy Henry (dan 36 en 35 jaar oud) vir die eerste keer ontmoet in haar gunsteling-grasland, en hy bewys aan haar hy kan deur tyd reis.

CLARE, 10-13 JAAR O OU Die nuweling Caitlin n Shorey speel Clare o die ouderdom 9-14.

Die 10-jarige Clare het ’n dag vol pret by die strand met 41-jarige Henry, en 12-jarige Clare ontmoet die 36-jarige Henry in haar grasland en hy verduideli­k verskeie weergawes van homself bestaan in dieselfde tydlyn. Dan geniet die 13-jarige Clare en 35-jarige Henry ’n filosofies­e gesprek oor vrye wil. En in haar 13de jaar aanskou Clare onwetend ’n tragiese voorval in Henry se lewe. e t die n die

CLARE, 16-18 JAAR OUD

Die 32-jarige Henry vertel die 16-jarige Clare hy het haar lief en hulle gaan trou in die toekoms. Dan help ’n 32-jarige

Henry ’n 16-jarige Clare om af te reken met ’n seun wat haar seksueel wou aanrand. En die 40-jarige Henry vertel die 17-jarige Clare hy het sy ma se sterfdag verskeie kere besoek. Clare ontmoet die

41- 4 jarige Henry vir die laaste keer op haar 18de verjaardag en hulle het seks.

CLARE & HENRY: SAAM CLARE, 20-24 JAAR OUD HENRY, 25-32 JAAR OUD

• Henry kry op 26 ’n boodskap van ’n vreemdelin­g wat sê Clare sê hallo. Hy herken nie die naam nie.

• In werklike tyd ontmoet die 28jarige Henry en 20-jarige Clare vir die eerste keer in hul gedeelde tydlyn.

• Die 36-jarige Henry maak die 28-jarige Henry wakker en vertel hom om nie so ’n lamsak te wees nie en die Henry te word vir wie Clare lief is.

28-JARIGE HENRY VRA CLARE OM TE TROU

• Die 30-jarige Henry probeer pille kry wat sy tydreise kan voorkom. Hy reis per ongeluk deur tyd op sy troudag met Clare, maar ’n 38-jarige Henry daag op en neem sy plek in.

• Die 31-jarige Henry kry sy bebloede self (ook 31) wat op die kombuisvlo­er lê.

• Ná ’n besoek van 8-jarige Henry be-gin Clare (24) daaraan dink om kinders te hê. En miskien kan hulle, met die hulp van 33-jarige Henry. • En die 32-jarige Henry se dokter onthul ’n moontlike oorsaak en kuur vir sy tydreise.

CLARE, 34-35 JAAR OUD HENRY, 41-43 JAAR OUD

Ons kry ’n kykie in die toekoms, wanneer dit blyk tydreise is werklik ’n genetiese toestand. Mense soos Henry is welbekend en hulle word CDP’s –

Chrono-Displaced People – genoem. En hoewel daar tragiese nuus is oor waarom ons nie ’n Henry ouer as 43 in die reeks sien nie, is daar geen vaal en vervelige oomblikke met so baie Henry’s wat deur die tyd spring nie.

 ?? ?? Henry (links) en Clare het ’n reeks ontmoeting­s op verskillen­de tye voordat hulle ’n verhouding begin.
Henry (links) en Clare het ’n reeks ontmoeting­s op verskillen­de tye voordat hulle ’n verhouding begin.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa