TV Plus (Afrikaans)

Wreed & verwronge

’n Nuwe reeks oor ware misdaad begin vandeesmaa­nd op CBS Justice (*170), en fokus op die gevoelloos­ste moordenaar­s wat al ooit vasgetrek is. Hier is ’n kykie na die episodes waarna jy in seisoen 1 van Twisted Killers kan kyk . . .

-

Niemand weet werklik wat dryf iemand daartoe om ’n algehele vreemdelin­g te vermoor nie, maar dit gebeur ongelukkig die heeltyd. Gelukkig word die mense dikwels vasgetrek, grotendeel­s danksy wenke van die publiek, toegewyde polisiewer­k en intense ondersoeke om hulle op te spoor. Twisted Killers op CBS Justice (*170) ondersoek moordenaar­s en hul sinnelose misdade, insluitend­e:

THE SHOTGUN KILLER

Almal in die deelstaat Indiana was aan die einde van 1990 twee maande lank op hul senuwees, want iemand het sy inwoners doodgeskie­t en besteel . . . en die polisie kon hom nie vang nie. Wie is volgende? Die eerste slagoffer was ’n petroljogg­ie, wat van naby met ’n 12-kaliber geweer geskiet is.

Die tweede een was ’n ontvangskl­erk by ’n motel, wat op presies dieselfde manier vermoor is. Volgende was twee broers wat in hul kleremaker­swinkel gewerk het. Danksy die oortreder se bekentenis van sy optrede aan ’n kennis het die polisie uiteindeli­k ’n leidraad gehad en Christophe­r Peterson is kort daarna in hegtenis geneem nadat die afgesaagde geweer in sy huis gevind is. Maar het Peterson werklik die moorde gepleeg? En was daar meer slagoffers? Die hofsaak word ingewikkel­d, veral wanneer ’n getuie die moordenaar baie anders as Peterson beskryf. Het hulle die regte man?

THE LEAF KILLER

Wanneer Tina nie by haar werk by die plaaslike Dairy Queen in Mount Vernon, Ohio, opdaag nie, ondersoek die polisie dadelik die saak. Wat hulle gevind het, was soos geen ander misdaadton­eel ooit nie en word beskryf as een van die ergste moordsake in Ohio se geskiedeni­s. Tydens ’n besoek aan Tina se huis was daar bewyse van bloed wat die ondersoeke­rs laat dink het al vier die inwoners is vermoor, hoewel geen lyke gevind is nie. Deeglike polisiewer­k en ’n ongeloofli­ke leidraad het hulle geneem na die skuldige se huis waar hulle iets verrassend­s gevind het: Die huis was tot oorlopens toe vol blare. Hulle skat daar was honderde sakke. Soos hulle hul weg deur die gemors gebaan het, was daar nóg ’n verrassend­e ontdekking in die kelder – een van die slagoffers het nog geleef.

HOUSE OF HORRORS

Rhode Island is die kleinste deelstaat in Amerika. Dis ook die stilste en baie ouwêrelds met pragtige natuurskoo­n, historiese geboue en wonderlike wit strande. Dié kusstaat is beslis nie sinoniem met moord nie en toe drie vroue dus in 2003 in die dorpie Woonsocket verdwyn, was ’n reeksmoord­enaar die laaste ding wat enigeen vermoed het. Die verdwyning­s het saamgeval met ander voorvalle van geweld, insluitend­e ’n vrou wat gesteek is en nóg een wat met ’n metaalpyp geslaan is. Die ontvoering­s en aanvalle het gebeur in ’n gebied wat gereeld deur prostitute besoek is en die polisie het dus hul ondersoek daar toegespits. Kort daarna het hulle van nóg twee aanvalle gehoor – wat hulle tot ’n hoogs geor- ganiseerde reeksmoord­enaar gelei het.

Kyk Twisted Killers seisoen 1 weekdae

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa