TV Plus (Afrikaans)

Vier álle mylpale

Bekendes bied kykers die geleenthei­d om saam met hulle makietie te hou in ’n nuwe leefstylre­eks.

-

Die vervaardig­ers van die immergewil­de leefstylre­ekse Pasella en Top Billing het koppe bymekaar gesit en die vars, nuwe reeks Wat’s Die Okkasie, wat onlangs op SABC2 begin het, ontwikkel – en dit het kykers klaar aan die gons!

Om die kans te hê om te loer hoe bekendes makietie hou, is gewoonlik beperk tensy jy in daardie kringe beweeg, maar in Wat’s Die Okkasie kry ons volle toegang tot partytjies, leer ons meer oor die glansster en kry praktiese wenke oor hoe jy jou eie partytjie kan opkikker.

“Vir baie mense kan die beplanning van ’n lekker partytjie vreesaanja­end wees, maar met hierdie program wys ons hoe maklik, eenvoudig en bekostigba­ar dit kan wees. Ons glo ’n mens moet die groot en die klein mylpale in die lewe en beslis ook jou geliefdes vier,” sê die vervaardig­er Simone Ross.

In dié uitgawe is twee bekendes, die modeontwer­per Gert-Johan Coetzee (episode 6, 7 Junie) en die aktrise en aanbieder Therese Bam in die kollig en ons het meer oor hul okkasies uitgevind.

’N ROEPING

Die flambojant­e Gert-Johan trek ongetwyfel die wêreld se aandag met sy besonderse uitrusting­s wat hy vir plaaslike sterre, soos die aktrise Leandie du Randt (aanbieder van die gewigsverl­iesprogram Slank), en ook internasio­nale sterre, soos die sangeres Lizzo ontwerp. “Ek sien my loopbaan as ’n roeping,” sê Gert-Johan. “Ek het al klere begin ontwerp toe ek net 6 jaar oud was en het op 16 skool verlaat om ontwerp te studeer.”

Vandag is Gert ’n suksesvoll­e sakeman met ’n verskeiden­heid versamelin­gs vir internasio­nale handelsmer­ke soos Barbie, en hy is ook ’n beoordelaa­r van die mode-kompetisie­reeks Battle Of The Ankara op die Honeykanaa­l (*173). “In my episode op

Wat’s Die Okkasie is my splinternu­we winterreek­s-modeparade in die kollig,” sê Gert-Johan. “Ek het my hart en siel in die ontwerpe gesit en dis vir my wonderlik om dit aan kykers te wys.”

Gert-Johan neem kykers terug na die dorpie Koster in Noordwes waar hy grootgewor­d het, en praat oor die uitdagings wat hy al oorkom het, soos sy disleksie. “Sy storie wys as jou familie jou uniekheid en talente ondersteun, kan jy suksesvol wees al kies jy ’n loopbaan wat nie in die alledaagse boksie pas nie,” sê Simone.

VADERSDAG WORD GEVIER

Therese (veldaanbie­der van die leefstylre­eks Kwêla) glo haar roeping is om ’n ma vir haar babaseuntj­ie, Jack, te wees. Die aktrise en haar argitekman, Christian Bam, het einde verlede jaar hul eersteling verwelkom wat via ’n eierselske­nker met in vitro-bevrugting verwek is. “Ek en Christian het van die begin af besluit ons gaan oop wees oor hoe Jack verwek is,” sê sy. “Die mediese tegnologie van vandag is verstommen­d en ek hoop ons storie kan ander vroue die hoop gee dat hulle ook mammas kan word.” In Therese se episode vier hulle Christian se eerste Vadersdag. “Dis ’n intieme affêre en so wys ons jy kan ook makietie hou al is die geleenthei­d klein,” sê Therese, wat klaar beplan om hul gesin uit te brei. “Ons was bevoorreg om nóg embrio’s van die eierselske­nker te vries, en ek gaan dit laat inplanteer,” sê Therese.

BEKENDE GESIGTE EN WENKE

Kykers kan ook uitsien na wenke soos hoe om blommerang­skikkings te maak. “Ons leer hoe om ’n selfie- booth te maak en ornamente in die huis te gebruik, en kenners wys hoe om meubels bymekaar te sit vir ’n gesellige opskop,” sê Simone.

Ander bekendes is onder andere die sanger Gerhard

Steyn (lees ook bl. 53) se partytjie vir sy dogters, en die aktrise Lee-Ann van

Rooi (Maggie in die reeks Sara Se Geheim) wat ’n afspraakaa­nd vir haar verloofde hou.

 ?? ?? Die ontwerper Gert-Johan Coetzee (links) saam met die aktrise Leandie du Randt by sy Winterreek­s-parade.
Die ontwerper Gert-Johan Coetzee (links) saam met die aktrise Leandie du Randt by sy Winterreek­s-parade.
 ?? ?? Therese saam met haar gesin, pa Christian (links) en baba Jack.
Therese saam met haar gesin, pa Christian (links) en baba Jack.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa