TV Plus (Afrikaans)

Die gevaarligt­e flikker

Jana voel bedreig in haar verhouding met Schalk.

-

Jana (Juanita de Villiers Velts) en haar lewensmaat Schalk (Johan Scholtz), die HUB van die Stryders, se verhouding is al deur troebel waters, maar nou lyk dit asof moeilikhei­d weer die liefdespar­adys bedreig. Die wrywing het begin toe Jana kontak met ’n ou skoolvrien­din Riana (Eloise Clasen) hervat en Jana besef het Riana en Schalk het ’n geskiedeni­s. Nou voel Jana Schalk wil haar dalk net los . . .

WAT LAAS GEBEUR HET

Die vriendskap­sbande tussen Jana en Riana is hernu toe Jana en Schalk deur ou foto-albums van Jana geblaai en sy besluit het om weer na Riana uit te reik. Schalk was verbaas toe hulle na die ou foto’s kyk en besef Riana is sy oorlede vrou,

Lanie (Hanli Rolfes), se suster. Jana het Riana vir ete genooi. “Schalk en Riana het heerlik gesels tydens die kuier en baie ou herinnerin­ge opgediep. Hy het selfs vir sy vriend en kollega Fafa (Althus Theart) vertel Riana laat hom baie aan sy oorlede vrou dink,” sê Johan. Twee aande daarna het Riana weer kom kuier en sy en Johan het land en sand gesels, terwyl Jana soos ’n vyfde wiel aan die wa gevoel het. Op Jana se aandrang gaan Riana, ’n projekbest­uurder, later na Schalk se kantoor om hom te vra of die Stryders moontlik ’n bydrae kan lewer vir een van haar projekte, Helping Hands, ’n skool vir geestelik gestremde kinders. “Schalk stem sonder enige bybedoelin­gs in en besluit op die koop toe om die kinders op die rugbyveld af te rig,” vertel Johan. En dit is waar die gevaarligt­e begin flikker, want Jana begin toenemend onseker en bedreig voel, vertel Juanita. “Schalk bring al hoe meer tyd by die skool deur, maar die eintlike probleem is Riana wat die heeltyd langs die rugbyveld sit wanneer hy afrig.”

VERWYTE EN RUSIES

“Jana is geïrriteer­d en voel afgeskeep. Sy is bang Riana gaan haar lewensmaat afrokkel,” sê Juanita. Schalk is verbaas oor Jana se gevoelens omdat hy glad nie tot Riana aangetrokk­e voel nie, sê Johan van sy karakter se dilemma. Hy besluit dan om ’n einde aan die onmin te maak: Hy sê vir Jana hy gaan nie meer afrig nie; die Stryder

Liam (David Johnson) gaan by hom oorneem. Jana moet besluit of sy nog vriende met Riana wil wees, en daar is ook twyfel of Riana dalk gevoelens vir Schalk het.

VERLEDE KEER:

Kristien K wou Amanda weer laat afdank, Jana het h gevoel Schalk en Riana sluit haar uit, en al die d aandag het Anastasia oorweldig.

IN DIÉ UITGAWE

Anastasia gaan vir haar eerste sonar-ondersoek, Lulu kry onstellend­e nuus, en Kristien besef sy is nog lief vir Pine. Ryno twyfel oor sy verhouding met Anastasia, Jana is woedend omdat Pine vir Kristien verwerp het, en almal is in rep en roer oor die danskompet­isie. Dis die eerste ronde van die Fabulous Vastrapdan­skompetisi­e, Nesie skiet haarself in die voet, en Kristien groet vir Pine.

Amanda staan voor ’n morele kruispad, Nesie wurm haarself weer by die danskompet­isie in, en Jana is agterdogti­g oor Schalk en Riana. Lulu sien swarigheid met Yvonne wat haar finansies bestuur, almal oefen hard vir die halfeindro­nde van die danskompet­isie, en Amanda is bang Nesie weet van haar en Jordan. Jana is keelvol vir Schalk wat tyd saam met Riana deurbring, Kristien kry ’n onverwagte besoek en word daarna vermis, en Amanda vermoed Bibi weet van haar en Jordan.

Dinge beweeg té vinnig tussen Ryno en Anastasia, Ryno en Anastasia is opgewonde oor die naweek saam met sy ouers, en Kristien word steeds vermis. Amanda voel skuldig oor haar verhouding met Jordan, Schalk vind uit Henk het uit die tronk ontsnap, en Ryno en Anastasia besin oor sy ouers se gedrag. Kristien word steeds aangehou, Maryke is bekommerd oor Bibi, en Jana se kwellings oor Schalk en Riana bereik breekpunt.

 ?? ?? Jana (links) raak agterdogti­g oor haar ou vriendin Riana (regs) en Schalk se gevoelens vir mekaar.
Jana (links) raak agterdogti­g oor haar ou vriendin Riana (regs) en Schalk se gevoelens vir mekaar.
 ?? ?? Jana (links) en Schalk blaai deur ’n foto-album en sy besluit om weer na ’n ou skoolmaat uit te reik.
Jana (links) en Schalk blaai deur ’n foto-album en sy besluit om weer na ’n ou skoolmaat uit te reik.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa