TV Plus (Afrikaans)

Aitsa, kyk net wie is terug!

Laetitia, Tally en Parra span kragte saam om Daniel se gebroke hart te lap.

-

Dis altyd lekker wanneer Laetitia (Quanita Adams), Tally (Rory Avenstrup) en Parra (Jonty Isaacs) in Arendsvlei kom kuier, want hul verskyning beteken komedie en ’n tikkie drama. En dié keer is dit weer so wanneer die drie kragte saamspan om die joernalis Daniel (Cantona James) te help om sy gebroke hart te heel deur die liefde van sy lewe, Angel (Chelsea Faith Thomas), weer aan sy sy te kry.

KOM ONS DOEN BESIGHEID

Die oomblik wat die effens onstabiele Laetitia in Arendvlei aankom, weet sy sy moet haar “kind”, Daniel, help (lees meer onder oor die twee se band). “Laetitia het aangevoel iets skort met Daniel en dat hy baie hartseer is,” sê Quanita.

Die “oorlede” Tally en Parra – wat altyd ’n geldmaakpl­an in die mou voer – maak ook hul opwagting en ontmoet Laetitia in die bos. “Dinge gaan nog broekskeur met Tally en Parra,” sê Rory (lees meer onder). “Hulle wag nog vir haar lewenspoli­s om uit te betaal, dus swerf hulle nog rond. Tally kan ook nie in Arendvlei gesien word nie, want almal dink sy is dood, en as dit moet uitkom sy leef nog, kry hulle nooit hul groot payday nie.”

Aanvanklik is daar ’n bietjie krapperigh­eid tussen Tally, Parra en Laetitia oor wie waar in die bos slaap en Laetitia vat sommer Parra se plek oor, maar sodra hulle uitvind Laetitia kan met dooies kommunikee­r, stel Tally voor hulle doen saam besigheid. “Tally oorreed Laetitia om haar gawe te verkoop. Sy moet kliënte kry en met van hul oorlede geliefdes praat en die boodskappe met die kliënte deel. Laetitia stem in, maar dinge verloop nie so goed nie, want sy is te eerlik met die kliënte en sê goed wat hulle ontstel,” sê Rory.

Hulle kort ’n plan B om die geld te laat inrol, en Parra stel voor Laetitia moet ’n sluier dra sodat die kliënte nie haar gehawende gesig kan sien nie en eerder positiewer boodskappe gee . . .

VAN HARTSEER NA GELUK

Intussen vra Angel haar kêrel Priester (Whaden Johannes) of hy met haar sal trou. Daniel is in trane wanneer hy hoor van Angel en Priester se verlowing. Daniel kan Priester nie verdra nie, want hy is kop in een mus met die booswig

Ingrid (Rehane Abrahams), by wie Angel bly. En Daniel is oortuig Ingrid en Priester het Angel gemanipule­er om Daniel te los vir Priester en dat hulle Angel op ’n manier betrek by hul skelm maniere om Ingrid se boksklub winsgewend te maak.

Maar nes die trane begin rol, voel hy ’n hand op sy skouer en geluk oorspoel hom wanneer hy omdraai en sy “Ma Laetitia” en Parra sien. “Daniel kan sy oë nie glo nie, maar hy is oorstelp van vreugde,” sê Quanita. “Hy vertel hulle die storie met Angel en hoe dit hom pynig. En nes ons Laetitia ken, gaan sy dinge nie daar los nie.”

IETS MOET GEDOEN WORD

Parra, Laetitia en Tally besluit hulle moet ingryp om Angel en Priester se troue te keer. “Hulle dink aan ’n paar planne om dit stop te sit – natuurlik omstrede planne – maar besluit dan om Priester dop te hou en op een of ander manier uit te vang wanneer hy iets onwettigs of

shady doen, ” sê Rory.

Parra hou sy lyf spioen en hang by Ingrid en Priester se boksklub uit en neem selfs ’n paar bokslesse. “Hy hou Priester dop,” sê Jonty. “Hy moet eenvoudig

evidence kry wat hulle vir Angel kan gee en haar oortuig Priester is bad news.”

Maar Priester is nie onder ’n kalkoen

 ?? ?? Ma Laetitia is terug om Daniel te help met sy liefdespro­bleme.
Ma Laetitia is terug om Daniel te help met sy liefdespro­bleme.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa