TV Plus (Afrikaans)

Wantroue, egbreuk

Zoe val flou en kry onverwagte nuus.

-

oe Lauren Joseph) en Tim Marco Spaumer) se huwelik is tans wankelrig. Zoe se vertroue in Tim is geknou nadat hy haar in Mei met ’n flerrie by ’n hotel verneuk het. Tim het die aand by die hotel geslaap nadat hy en Zoe ’n hewige stryery gehad het omdat Zoe met haar tannie Brid

gette (Denise Newman) en Tim se baas saamgestem het om Tim se droomkusei­endom wat hy wou ontwikkel, te verkoop. Die eiendom is in Zoe en Bridgette se oë bevlek omdat Tim die vorige eienaar laat vermoor het om dit te kry. Bridgette wou alle spore doodvee wat na haar, haar besigheid en die eiendom lei, deur dit te verkoop. Tim was briesend oor die besluit, maar dis die minste van sy probleme want Zoe wil skei. En selfs wanneer sy iets belangriks uitvind, twyfel sy of sy met Tim wil versoen.

’N NUWE PERSPEKTIE­F

Zoe is moedeloos en seergemaak, maar stem in wanneer Tim voorstel hulle kry huweliksbe­rading en haar smeek om nie hul huwelik weg te gooi nie. “Sy weet dit gaan moeilik wees om haar vertroue in Tim te herstel, maar huweliksbe­rading kan dalk aan hulle albei ’n nuwe perspektie­f gee oor hul verhouding,” sê Lauren.

Bridgette is ongelukkig oor Zoe se instemming en wil haar van plan laat verander. “Zoe weet Bridgette wil net die beste vir haar hê,” sê Lauren. “Maar dis vir haar belangrik om haar huwelik te probeer red. Sy kan nie net opgee op Tim nie, want sy is lief vir hom.” Denise sê dis ’n bitter pil vir Bridgette. “Maar sy sal Zoe ondersteun.”

LOER OOR JOU SKOUER

Zoe probeer aanbeweeg met die hoop die berading sal dinge verbeter, maar die booswig

Nazeem (Irvine van der Merwe) maan Zoe om versigtig te wees. “Nazeem sê vir Zoe sy gaan vir altyd oor haar skouer loer want ’n man soos Tim verander nie sommer nie –

once a cheater, always a cheater,” sê Lauren. Dit ontstel Zoe baie al weet sy sy moet haar nie aan Nazeem steur nie. Haar paranoia neem oor en sy bevraagtek­en alles wat Tim doen of waarheen hy gaan en dink hy verkul haar. Sy gee Tim die koue skouer wanneer hy intiem wil wees. “Tim voel gekwes deur die verwerping sê,” Marco. “En hy besef sy verhouding gaan nie so maklik herstel soos hy gehoop het nie.”

HOU BY JOU BESLUIT

Zoe is emosioneel en verward, en die moederlike Mymoena (Jill Levenberg) gee vir haar huweliksra­ad. “Mymoena se huwelik is self deur troebel water toe haar man, AB (Cedwyn Joel), vir Farah (Lee-Ann van Rooi) as sy tweede vrou (in 2020) geneem het – sy weet dus hoe dit voel om heeltemal vertroue in jou man te veloor,” sê Lauren. “Sy sê vir Zoe dit was vir haar moeilik om AB net terug te vat, maar dit was haar keuse en sy het daarby gehou, en net so moet Zoe haar keuse maak en daarby hou.” En met Moena se raad in haar gedagtes, bestee Tim en Zoe die aand saam.

ZOE SIEN ROOI

Dit lyk asof dinge beter gaan tussen Zoe en Tim, maar wanneer Zoe ’n foto van ’n vreemde nommer kry van Tim wat saam met ’n ander aantreklik­e vrou ’n drankie drink, wil sy ontplof! “Zoe track Tim op sy foon en sien hy het weer ’n draai by ’n hotel gemaak,” sê Lauren.

Later die dag kry Zoe Tim en die vrou by die kantoor en sy braak gal oor Tim wat haar verneuk. “Sy sien rooi, maar kry dadelik skaam wanneer Tim verduideli­k die vrou is die dogter van een van hul belangrike kliënte en sy verteenwoo­rdig haar ma in ’n groot projek. Tim het die projekte met haar bespreek.”

Tim vlieg Zoe die volgende dag in oor haar gedrag voor die kliënt. Zoe erken sy het ’n fout gemaak, maar wys aan

Tim sy aandeel daarin uit: Sy vertrou hom nie meer nie. En daarom wil sy skei.

’N VERRASSING

Tim trek uit die huis uit en Bridgette kry uiteindeli­k die kans om Tim te vertel presies wat sy van hom dink. “Sy sê hy is ’n tweegatjak­kals, ’n leuenaar en ’n egbreker en Zoe verdien beter as hy,” sê Denise.

Intussen eis die spanning sy tol op

Zoe en sy val flou op kantoor. Die dokter ondersoek Zoe en tot haar verligting is niks ernstigs fout nie, maar . . . “sy is swanger!” verklap Lauren. “Dit gee Tim ’n sprankie hoop dat hul huwelik dalk ’n nuwe bestaansre­g gaan kry,” sê Marco, maar ’n baba gaan nie skielik al hulle probleme laat verdwyn nie.

 ?? ?? Zoe weet nie of sy haar man Tim (inlas) ooit weer kan vertrou nie.
Zoe weet nie of sy haar man Tim (inlas) ooit weer kan vertrou nie.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa