TV Plus (Afrikaans)

Uit die bloute! !

Carmen is terug en verklaar haar liefde aan Rhafiek.

-

“Dit gaan die afgelope ruk baie goed met Rhafiek,” sê Irshaad Ally oor sy karakter. “Vir die eerste keer in ’n lang tyd voel dit asof hy weer stabilitei­t in sy lewe het.” Kaashifa (Jawaahier Petersen), sy meisie, het ’n goeie uitwerking op hom en hy voel gelukkig. Daarom vang sy eksvrou, Carmen (Desiré Gardener), se skielike verskyning hom heeltemal onkant en dit voel of die mat onder hom uitgeruk is!

SUIWER DIE LUG

Carmen daag uit die bloute in Ruiterbosc­h op nadat sy byna twee jaar gelede weg is toe haar en Rhafiek se huwelik verbrokkel het. “Sy reis steeds die wêreld vol en wou net gou haar geliefdes kom groet en ’n draai by haar ouers in Kuruman maak,” sê Desiré. “Natuurlik wil sy graag haar eks-skoonouers, AB (Cedwyn Joel) en My

moena (Jill Levenberg), ook sien en besef sy kan Rhafiek raakloop.”

Kaashifa is ook geskok om Carmen te sien, maar Rhafiek verseker Kaashifa sy is die vrou vir hom en hy het nie meer gevoelens vir Carmen nie. Dus sien Kaashifa nie fout daarmee nie wanneer Carmen haar vra of sy met Rhafiek kan gesels tydens ’n ete-afspraak om die lug tussen hulle te suiwer.

Rhafiek en Carmen ontmoet vir ete maar dinge verloop nie goed nie. “Hulle stry, en Rhafiek verloor sy humeur,” sê Irshaad. “Al die opgekropte woede wat hy teenoor Carmen het weens haar besluit om hul huwelik ná hul babaseun, Mikael, (nie op die skerm nie) se dood (in 2020) te beëindig, kom uit en hy spoeg vuur.”

DIE LAKENDANS

Kort daarna vra Rhafiek Carmen om vergifnis vir sy gedrag en wanneer sy hom kom groet voor sy weer vertrek, swig die twee voor die vonk wat steeds tussen hulle is . . . en beland in die bed!

Die volgende dag voel albei baie skuldig. Rhafiek wil dit ignoreer, maar Carmen hoop dit beteken daar is dalk weer ’n kans vir hulle. Carmen verklaar later haar liefde aan Rhafiek, maar hy is nie op dieselfde plek nie . . . “Rhafiek is verward,” sê Irshaad. “Hy het gedink die Carmen-hoofstuk is afgesluit, maar dalk is dit nie. Boonop weet hy hy het gevoelens vir Carmen, maar hy dink net nie daar is ’n toekoms vir hulle nie.”

Carmen probeer Rhafiek oortuig hulle hoort saam, maar hy wil niks weet nie. En op daardie hartseer noot verlaat Carmen Ruiterbosc­h weer en Rhafiek moet besluit of hy Kaashifa gaan vertel van sy aand van passie met Carmen . . .

VERLEDE KEER

Siya wou dinge uitpraat met Danni maar sy wou niks weet nie, Angie het haar oog op Wade gehad, en Zoe en Tim se huwelik was in troebel waters. Lee-Ann en Bridgette het drastiese besluite geneem om Tim van Zoe af weg te hou, en Rhafiek was op die oorlogspad.

IN DIÉ UITGAWE

Carmen probeer haar bes om met Rhafiek versoen te raak, Bridgette is onseker oor Zoe se gevoelens vir Tim, en Carmen se tyd in Ruiterbosc­h raak min. Nazeem smokkel met Zoe se kop, Justin vra Wade ’n onmoontlik­e guns, en Zoe voel skuldig, maar kan nie haar agterdog oor Tim afskud nie. Susan twyfel oor Wade se vermoëns, en dring aan Justin moet hom vervang. Rhafiek is verlig dat Carmen weg is, Wade is meer opgewonde as Justin oor hul nuwe werksverho­uding, en Zoe neem ’n groot besluit oor haar toekoms saam met Tim. Siya plaas druk op Rhafiek om vir Kaashifa die waarheid te vertel, Angie vind uit ’n teleurstel­ling wag op Wade, en Zoe en

Tim probeer aan hul huwelik werk. ’n Moeilike taak wag op Justin, Rhafiek bevind hom in ’n onmoontlik­e posisie, en Tim aanvaar uiteindeli­k verant-woordelikh­eid vir sy dade. Bridgette is in haar noppies wanneer Tim haar huis verlaat, en Wade oorreed Angie om meer moeite te doen met sy vriende. Zoe beland in die hospitaal, Bianca ontferm haar oor Maggie, ’n jong ma, en Justin nader Wade oor nog ’n werkgeleen­theid, maar Angie het haar eie agenda. Bridgette probeer Tim van Zoe af weghou, Justin en Wade finaliseer hul sakeooreen­koms, en Elana kry onverwags ’n besoeker. Tim deel sy nuus met Chris, wat nie ingenome is nie, en Zoe moet ’n moeilike besluit neem.

 ?? ?? Carmen en Rhafiek (inlas) slaap saam in ’n oomblik van swakheid.
Carmen en Rhafiek (inlas) slaap saam in ’n oomblik van swakheid.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa