TV Plus (Afrikaans)

In die hospitaal

Nuwe drama, nuwe karakters en groot verassings in die splinternu­we 18de seisoen van Binnelande­rs.

-

Ná die gebeure in Mei, waarin die winde van veranderin­ge sterk deur die gange van die Binneland-kliniek gewaai het, en veral in die raadsaal met dr. Annelize (Cindy Swanepoel) wat nou aan die stuur van sake is, wag daar ’n onsekere toekoms op die privaat hospitaal in Pretoria. In die 18de seisoen van die treffersep­ie is daar groot opwinding met nuwe karakters, storielyne en ’n goeie dosis drama! Hier is alles wat jy moet weet wanneer seisoen 18 op Maandag 6 Junie begin.

WERK EN PLESIER

Kykers kan nou nog nie glo hoe Annelize dit reggekry het om die Koster-manne

Conrad (Hykie Berg) en At (Hans Strydom) te onttroon nie. “Annelize het eers ’n mosie van wantroue in Conrad ingestel om hom uit te werk, en toe het sy dieselfde met At gedoen, en die raadslede Brandon (Zane Meas) en Steve (Clint Brink) het saam met haar gestem,” verduideli­k Cindy.

In die nuwe seisoen is dinge alles behalwe rooskleuri­g vir Annelize. “Sy maak deals om die hospitaal se reputasie te herstel en sy koffers te vul, en wanneer ’n mynmaatska­ppy aanbied om operasies te borg by Binneland-kliniek se susterhosp­itaal Thusaneng dink sy sy het die jackpot geslaan,” sê Cindy. “Daar is ook verwikkeli­nge in Annelize se persoonlik­e lewe wanneer daar ’n nuwe man in haar lewe sy opwagting maak,” en moenie van die joernalis Jeremy Gavins (Craig Urbani) vergeet nie. Hy kan maar net nie ’n storie los nie, veral wanneer dit beteken hy kan meer tyd saam met ’n sekere vrou spandeer . . .

’N NOODOPROEP

Dr. Tertius (Reynardt Hugo) geniet sy flirtasie met dr.

Zee (Mila Guy), maar wanneer hy ’n noodoproep uit Australië ontvang, plaas hy alles op ys! Is daar moontlik fout met sy eksvrou, Daleen (Desiré Gardener) en sy dogter, Nina (Le-Anche van den Berg)? “Die oproep dwing Tertius om ’n besluit te neem wat die kykers gaan verras,” verklap Reynardt. “Dit kan lewe of dood vir iemand beteken.”

Verpleegst­er Gaby (Maude Sandham) se lewe verander ook in ’n oogwink wanneer sy begin wonder of sy meer na haar pa Koos (Ryno Hattingh) aard wanneer sy probleme met haar gesondheid ervaar, en nuwe uitdagings gaan haar bestie Karen (Luandri Reynders) in die gesig staar wanneer dr. Liam (David Viviers) terugkeer.

TOEKOMSPLA­NNE

Delia (Odelle de Wet) se lewe draai nie meer net om haar baba, Amalia (Lily van Niekerk), nie, want haar pa, Andries (André Odendaal) is ook in die prentjie en sy gaan dié keer alles doen om vir hom te sorg. En verpleegst­er Naomi (Je-ani Swiegelaar) en haar man, Louis (Germandt Geldenhuys), wil ook hul eie toekomspre­ntjie begin inkleur, maar hulle het verskillen­de idees. ’n Ongeluk keer die paramediku­s Danny (Bradley Olivier) se hele wêreld om, en verpleegst­er Chanel (Lindsey Cele) dink sy weet waar sy haarself wil bevind.

NUWE GESIGTE

Drie nuwe karakters verskyn in Binnelande­rs in die nuwe seisoen. Prof Struwig (Gerben Kamper, Kasper in die dramareeks Dwaalster), by wie Zee klasgedraf het, bots met almal in Binneland. Die besigheids­man Dawid Opperman (Deon Lotz, Smiley in die aksiereeks Die Byl) bring onheil van ’n ander aard, en die mynmagnaat Sharon Basson (Marissa Claasen, ’n nuweling) wil haar kontrak met die hospitaal gebruik as ’n lat waarmee sy almal wil bykom.

 ?? ?? Daar is iets aan die broei tussen Annelize (inlas) en Dawid Opperman (middel), en Rian (regs) hou niks daarvan nie.
Daar is iets aan die broei tussen Annelize (inlas) en Dawid Opperman (middel), en Rian (regs) hou niks daarvan nie.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa