TV Plus (Afrikaans)

’n Derde kans

Dokter Liam keer terug, maar is sy verslawing onder beheer?

-

Die lewe het vir dr. Liam Vorster (David Viviers) ’n paar taai klappe uitgedeel en hy veg tans teen sy verslawing aan pynpille. “Liam moes een van die moeilikste besluite neem om sy droomwerk by ongevalle by die Binneland-kliniek (in Mei) op te gee om na ’n rehabilita­siesentrum te gaan,” sê David. Sy herstelpad was moeilik, maar nou, ’n maand later, is Liam terug in Pretoria en hy wil sy lewe weer op dreef kry. Maar gaan hy dit regkry?

EEN TREE OP ’N SLAG

Die verpleegst­er Karen (Luandri Reynders) is verheug om Liam terug in Pretoria te hê en bied aan dat Liam by haar en haar woonstelma­at

Gaby (Maude Sandham) intrek tot hy weer sy voete vind. “Liam is dankbaar vir Karen se hulp,” sê David. “Sy was elke keer daar wanneer hy hom in die moeilikhei­d bevind het. Hy sal graag hul verhouding wil hervat, maar vir nou vat hy dinge eers stadig.”

DIE AANBOD

Dr. Tertius (Reynardt Hugo), hoof van ongevalle, hoor Liam is terug en roep hom in. Liam het Tertius beïndruk tydens die internskap­kompetisie by ongevalle en was teleurgest­eld toe Liam die pos wat hy gewen het van die hand gewys het. “Tertius het geen idee van Liam se verslawing en dat hy die pos gelos het om rehab toe te gaan nie,” sê David. Tertius bied Liam ’n locum-pos aan en Liam kan dit net nie van die hand wys nie. Maar ons wonder of Tertius die aanbod sou maak as hy geweet het van Liam se verslawing. “Liam se onmiddelli­ke toekoms by Binneland is dalk nie so rooskleuri­g nie,” verklap David.

VERLEDE KEER

Gaby het Tertius oor sy houding teenoor Zee vasgevat, Ruan wou nie met Steve praat oor Lani nie, en Conrad het Annelize oor die joernalis Jeremy gekonfront­eer. Tracy het haar kommer teenoor Conrad uitgespree­k, en Noami het slegte nuus oorgedra.

IN DIÉ UITGAWE

Conrad se sakekontak maak Steve effens jaloers, Zee en Tertius se stories klop nie heeltemal nie wat Naomi onrustig maak, en Vicky maak weer ’n ontdekking. Tertius is blind vir die liefde, ’n bekommerde Ruan praat sy hart uit teenoor Danny, en Steve is op die oorlogspad oor sy motor. Annelize besef wat reg onder haar neus gebeur, Zee vind uit sy word om die bos gelei, en Uys soek raad by Rian oor Gaby. Conrad wonder of Delia nie iets te doen het met BlueCor se besluit nie, Steve word deur ’n prokureur gekonfront­eer, maar dit is die minste van sy probleme, en Louis vra Conrad om nie dinge vir hom moeiliker te maak nie. Karen kry nuus oor Liam, Gaby se geluk pynig Rian, en nuus oor mnr. Du Preez plaas Steve in ’n moeilike posisie. Ter-tius pak die bul by die horings, die Binnelande­rs is onder druk om ’n BlueCor-aanstellin­g te maak, en Tracy raai Uys aan om weer by Rian aan te klop. Gaby wonder oor Zee se gevoelens vir haar broer, Conrad vind uit wie BlueCor se konsultant is, en Zee het ’n mediese verklaring in haar hand. Danny kry hulp met sy moeilike besluit, Gaby het groot planne vir die aand, en Annelize kry nuus oor Jeremy. Elise is bekommerd oor haar ma, Zee begin wonder of haar plan gewerk het, Conrad besef wat met Annelize aan die gang is, en Karen bespreek haar kommer oor Liam met Gaby.

Lees meer op bl. 43.

 ?? ?? Karen (links en inlas) bied aan Liam (regs) ’n veilige hawe ná behandelin­g vir sy pynpilvers­lawing.
Karen (links en inlas) bied aan Liam (regs) ’n veilige hawe ná behandelin­g vir sy pynpilvers­lawing.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa