TV Plus (Afrikaans)

Bose bruidegom!

Die Welmans is glad nie gesond nie ná DeWet se wrede trouplanne. Eers die koek, toe die koma!

-

Dit was die grootste troue toe Bonita (Hildegardt Whites) en DeWet (Dirk Stoltz) uiteindeli­k onlangs afgehaak het. Wie’t gesê jy kan nie ’n jaar lank getroud wees en eers later ’n groot okkasie hê nie?

Dis die Covid-manier! En hulle het ons beslis gewys hoe om te vier. Maar soos gewoonlik het DeWet ’n agenda gehad, en dit was beslis nie net om Bonita – die vrou wat hy nou soort van werklik liefhet – die sprokiestr­oue van haar drome te gee nie. DeWet het vir homself ook ’n afskeidsge­skenk gegee.

Terwyl die gelukkige paartjie op pad is om hul wittebrood te vier, gaan die Welmans – die familie wat DeWet verantwoor­delik hou vir sy seun, Shawn (Deànré Reiners), se dood – om hul lewe veg. Wie was die spysenier?

Want ná die troue het hulle iets erger as slegte spysverter­ing!

VERSTIK

Terwyl die gaste die partytjie ná die seremonie geniet en Bonita en DeWet die onthaal onder toejuiging en trane verlaat het, het die Welmans en Fikani (Nicholas Nkuna), hul skoonseun, een vir een siek geword. Hulle was desperaat om uit die saal te kom om hulp te kry, maar DeWet se gaste was almal toegesluit.

Uys (Daniel Coetzee) en ’n paar van die ander mans het uiteindeli­k tafels gebruik om die deur oop te breek en die ambulanse het opgedaag.

Fikani se vrou, Alexa Welman (Carina Nel). het inmekaarge­stort by die hospitaal en dit het gou duidelik geword haar ouers Mariaan (Deirdre Wolhuter) en Chris (David Rees), en haar suster

Amorey (Kristen Raath), se toestand was ook sleg – hulle is almal vergiftig! Byna die hele Welman-gesin het in ’n koma verval . . . Maar net voor Mariaan haar bewussyn verloor het, het sy besef wie die skuldige was. “Mariaan het eintlik die hele tyd die knaende gevoel gehad [dat DeWet hulle iets gaan aandoen] nadat Bonita haar vertel het DeWet weet die Welmans is verantwoor­delik vir sy seun se dood,” verduideli­k Deirdre.

Terwyl Alexa, Fikani, Amorey, Chris en Mari-aan om hul lewe geveg het, het hul familievri­endin Vanessa (Ingrid Paulus) Mariaan en Chris se ander seun Rickus (André Lötter) gebel, hy was in Kenia, om hom van sy gesin se situasie te vertel. En op pad na die oord naby die natuurrese­rvaat vir hul wittebrood, vertel DeWet Bonita hy gaan sy handlanger Koedoe (Michelle Ayden), skuldig laat lyk. Niemand verraai DeWet en kom weg daarmee nie (lees langsaan op bl. 31).

’N PAARTJIE SE DOELWITTE

Hoewel die Basson-band groot op- en afdraandes beleef het, lyk dit of daar nou vertroue en ware liefde tussen Bonita en DeWet is. Maar ’n mens weet nooit regtig met daai twee nie! “Bonita sou graag een keer ‘vir ewig’ gelukkig wil wees, maar omdat sy nie weet wat DeWet se groot plan ná die troue is nie, bly sy op haar hoede. Hy vertel Koedoe op die foon hoe hy die plan van begin af laat afspeel het, en Bonita is in die motor met hom op pad na hul wittebrood,” sê Hildegardt. “Hulle twee is raaiselagt­ige individue – hulle is soos Bonnie en Clyde. Kom ons kyk hoe lank duur dit,” terg Hildegardt.

En Dirk voeg gou by: “Kykers kan uitsien na ’n dramatiese wending, want in ware Hillside-styl is daar nooit ’n vervelige oomblik nie.”

 ?? ?? Die Welmans (inlas) kyk toe onbewus daarvan dat die bruidegom DeWet hulle by sy troue gaan vergiftig.
Die Welmans (inlas) kyk toe onbewus daarvan dat die bruidegom DeWet hulle by sy troue gaan vergiftig.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa