TV Plus (Afrikaans)

O WEE! (TROU-OOMBLIKKE)

-

Die afgelope twee weke was ’n wipwarit in Hillside. En indien jy jou oë geknip het, het jy dalk van die verbystere­nde drama misgeloop. Hier is ’n paar van die hoogtepunt­e:

1 Enkele dae voor die troue het Bonita begin twyfel. “Veral sedert DeWet weet sy geliefde Bonita was betrokke om Lana (Mila Guy), die ma van Shawn se ongebore baba – DeWet se kleinkind – te help om te ontsnap en dat Bonita die besonderhe­de van Shawn se dood geken het,” vat Hildegardt dit saam.

“Die grootste uitdaging wat DeWet en Bonita nou in die gesig gestaar het, was die skielike waarheid wat onthul is oor Shawn se dood – ’n kurktrekke­r van ’n sjampanjeb­ottel wat Rickus oopgemaak het, het Shawn se kop getref en hy het inmekaarge­sak,” voeg Hildegardt by. “In ’n sekere mate het Bonita koue voete gekry. Sy het openhartig met Vanessa gepraat oor die verkeerde besluite neem, oor verhouding­s en trou. Sy het haarself bevraagtek­en of dié dalk die regte een was,” sê sy. Nie dat dit nou ’n verskil sou maak nie – hulle is reeds ’n jaar lank getroud! 2 ’n Mens bedrieg nie vir DeWet nie. En dis presies die fout wat Koedoe gemaak het. Op Bonita en DeWet se troudag, kon sy strooijonk­er, Chris (hou ’n ogie op jou vyande), hom nie kry nie. “DeWet het sy ma in ’n ouetehuis gaan besoek en foto’s van Bonita saamgeneem om hulle ‘aan mekaar bekend te stel’, maar Chris was paniekerig en het sy vriendin Koedoe – wat ’n dubbele agent vir DeWet vir

Chris was [as Chris se spioen om hom op hoogte te hou van DeWet se bewegings] – gebel om DeWet se selfoon na te spoor. DeWet het na die dakwoning teruggekee­r en Chris daar ontmoet om na die trouplek te gaan, maar eers het hy ’n geleenthei­d gekry om na die stempos tussen Chris en Koedoe te luister. Dit het Koedoe se verraad teenoor hom bevestig,” onthul Dirk.

3 Toe die troue uiteindeli­k begin, was dit nie Bonita wat na die kansel gestap het nie, maar ’n vrou in ’n swart rok en sluier! Kort voor die troue is Bonita toegesluit in ’n hotel deur niemand anders nie as Erika (Corine du Toit), DeWet se eksvrou en Shawn se ma. En Erika was vasberade om die troue in ’n roudiens vir hul seun te verander.

Voor sy die bruid toegesluit het, het Erika vir Bonita gesê DeWet sou met haar afreken. Bonita was oortuig DeWet gaan wraak neem omdat sy Lana gehelp het en die Welmans se betrokkenh­eid by Shawn se dood geheim gehou het. “Bonita het gedink DeWet wou haar doodmaak, dus het sy haar eks, Tony (Marlo Minnaar), gebel vir hulp en sy was op pad na die lughawe om te ontsnap. Maar DeWet het haar opgespoor, dinge opgeklaar, sy liefde aan haar verklaar en haar verseker hy sal haar nie seermaak nie,” sê Hildegardt.

4 En ’n spesiale vermelding aan die gaste wat by die verkeerde onthaalple­k opgedaag het weens ’n tikfout op die uitnodigin­g. Die helfte van die gaste hy by Ivy (Nazli George) se kerk beland, terwyl die troue by ’n gehuurde plek was.

 ?? ?? ’n Stempos van Chris aan Koedoe plaas albei in gevaar.
’n Stempos van Chris aan Koedoe plaas albei in gevaar.
 ?? ?? Erika maak seker sy gaan Bonita se kalklig op die troue steel.
Erika maak seker sy gaan Bonita se kalklig op die troue steel.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa