TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

-

BOLD

Quinn probeer haar huwelik weer op dreef kry, Eric sluip rond met Donna, en Zende verbreek sy verhouding met Paris. Carter sê vir Paris hul affair is verby, Quinn gee vir Eric ’n ring wat sy hartklop sal monitor, en Liam raak aan die slaap by Steffy se huis en vergeet om Hope te bel. Sheila probeer Hayes besoek, maar Steffy wil haar nie inlaat nie, en Steffy vertel haar ouers Quinn was die skieter in die stegie. Die Forresters stel ’n strik vir Sheila, wat erken sy was die skieter en het Brooke dronk gemaak, dus moet Sheila weer tronk toe gaan, en Thomas erken aan Ridge hy het Sheila gehelp.

DAYS

Gwen gee Xander die teenmiddel vir Sarah,

Jack onteien Gwen weens die moord op Laura, en Ava bied aan om Gwen uit die tronk te laat ontsnap. Craig verlaat die dorp nadat Leo Chad as gay in ’n skinderond­erhoud ontmasker, Eli ontwaak en sê vir Lani TR het hom geskiet, en TR slaan Abe katswink. Lani skiet TR dood, maar Paulina aanvaar die skuld, Susan help Ben om Ciara te bereik deur hul spiritisti­ese band, en die engel Bo Brady (Peter Reckell) keer dat die duiwel baba Bo beset. Lucas is terug sonder Sami, en Sonny kry werk by Titan.

Y&R

Victor beveel Diane om Genoa City te verlaat, Kyle vra Summer om terug te kom na Genoa City vir Mariah en Tessa se troue, en die Abbots verwelkom Allie terug. Victoria stel Nikki aan as die nuwe mede-HUB van Newman Locke, Billy kla oor Ashland in ’n naamlose podsending, en Ashland bied ’n $250 million-donasie vir New Hope in Rey se naam aan. Victor vra Michael om hom te help om Ashland uit die dorp te verjaag, terwyl Adam en Sally in die geheim saamsweer om Victoria en Ashland te herenig. Rey se geliefdes deel hul herinnerin­ge, Devon hou ’n loodsparty­tjie vir Chancellor-Winters, en iemand daag ongenooid by Mariah en Tessa se

 ?? ?? Mariah (Camryn Grimes, links) en Tessa (Cait Fairbanks) haak af.
Mariah (Camryn Grimes, links) en Tessa (Cait Fairbanks) haak af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa